Wednesday, October 15, 2008

orkaan seisoen

So, ons dog toe ons het dit gemis en hier kom Omar reguit vir ons vandag. Daar word voorspel dat dit nie baie sterk sal wees nie, maar nogtans is dit 'n orkaan, my eerste een ooit!
Ons het al die tuinmeubels in die huis ingebring en die vensters is toegemaak met die orkaan 'shutters', die Yank het 'n paar bote wat hy met ekstra lyne moet vasmaak aan die kaai en dan is dit maar net sit en wag.
Ons is in die rooi area, reg onder die H.



Hier kry ons, ons weer inligting vandaan, hou die muis oor die rooi areas en kliek om dit van nader te sien.

Ons hoop en bid dat dit gou sal verby gaan en nie baie sterk word nie, ons het 'n veilige tuiste, maar daar is soveel mense op die eiland wat in armsalige plekkies bly en die eiland het so lanklaas 'n behoorlike storm gehad, dat die plantegroei nie gewoond is daaraan nie en al die bome kan dus breek en totale verwoesting kan veroorsaak word.
Met elke orkaan word die kragtoevoer afgesny en soms kan 'n mens maande sonder krag wees, so daar is baie wat kan verkeerd gaan.
Sover word net 'n kategorie 2 voorspel, dit reen alreeds, die wind het nog nie begin waai nie.
Ja, 'n vreemde, interressante wereld waar ek my deesdae bevind.