Wednesday, October 22, 2008

ek is geseend

Vandag is ek gevul met 'n vreugde en 'n dankbaarheid, wat groter is as my hart en my wese.
Ons het 'n wonderlike, geseende lewe, 'n dak oor ons koppe, kos om te eet, mense om lief te he, goeie gesondheid en SO baie meer!
Daar was 'n poll geneem, hier in die US 'n paar weke gelede, waarin 91% mense se dat hulle ontevrede is met die lewe in Amerika. Dit is vir my ongelooflik hoe hierdie mense kan kla, terwyl hulle steeds in een van die mees bevoorregte lande in die wereld bly.
Hulle het vryheid, werkloosheid is net 6%, as 'n mens kyk na die hoeveelheid nuwe karre wat hulle elke jaar koop dan is dit skokkend.
Hulle bly in kasarms en hou net aan koop...
Iemand skryf nou die dag in 'n artikel dat sy by 'n winkelsentrum was en die mense het so gekoop dat sy gewonder het of Kersfees vroeer aangebreek het.
Dit, terwyl ons veronderstel is om in baie erge finansiele moeilikheid te wees. Hierdie mense weet nie wat dit is om in armoede te leef nie, maar hulle weet hoe om te kla.
Dit help ook nie dat sekere politici aanhou om hulle te vertel hoe gebroke hulle wereld is nie.
Dit is vir my ongelooflik dat Amerikaners op die drumpel staan van 'n verkiesing waarin hulle heel moontlik met 'n so te se, sosialistiese regering gaan opeindig.
Dit is ook opmerklik, dat mense in die res van die Westerse wereld, self nie Sosialiste aan bewind wil sien in hulle eie lande nie, maar wel vir Amerika wil kom vertel vir wie hulle moet stem.
Hulle wil egter 'change' he, dit maak nie saak dat hulle nie regtig weet wat daardie 'change' gaan wees nie.
Ek wonder wat hierdie verspotte, bedorwe brokke sou gedoen het, as hulle Oos-Europa en Rusland, gesien het, net nadat die Sosialiste daar tot 'n val gekom het. Ek het, en dit was nie 'n mooi prentjie nie...
Toevallig kom ek op hierdie bloginskrywing af vanoggend .An ungrateful nation, dit nadat ek al die afgelope week vir my vriende probeer vertel het hoe geseend ons steeds is. Dit is 'n wonderlike essay oor wat Amerikaners nog het om voor dankbaar te wees.
Iets wat ek geleer het terwyl ek in Europa gebly het en nou hier, is dat Europeers en Amerikaners baie dinge, wat ons in Afrika as 'n VOORREG sien, sien as 'n REG.
Ek wil dit ook net duidelik maak dat die Yank en ek glad nie welaf is nie, ons leef 'n eenvoudige lewe, probeer om nie skuld te maak nie en leef binne die perke van ons inkomste, ons koop nie huise en karre wat ons weet ons nie sal kan afbetaal nie en dan blameer ons die regering as ons bankrot raak nie.

So, ek wou net se dat my hart sing van vreugde vandag.
Kyk na hierdie interressante film wat ek raakgeloop het:

Beached from Keith Loutit on Vimeo.
Gaan kyk hier by
Keith Loutit hoe hy werklike mense en voorwerpe, soos skepe fotografeer en dit laat lyk na modelletjies. Hy gebruik ook 'stop motioning' verfilming om die regte effek te kry.