Thursday, November 6, 2008

die lug is steeds blou



Ek lees gister een van die Kubaans-Amerikaanse blogs, waarin die ou se dat 'n vreemde ding gisteroggend gebeur het. Hy het opgestaan en toe hy buite die huis kom toe het die son opgekom en sy honde het by die deur uitgehardloop en hulle bene gaan lig, hy het koffie gedrink en sy twee dogtertjies more gesoen.

Dit klink miskien na 'n vreemde storie, maar miskien is dit meer verstaanbaar as mens onthou dat hierdie Kubane vanaf Kuba gevlug het, nadat Fidel Castro sy revolusie gewen het. Hy het 'change' belowe en het Kuba toe in 'n sosialistiese land verander.
Hulle het nog al hierdie jare bankvas agter die Republikeinse party gestaan, wat nog altyd vasgeskop het teen Castro. Hulle vertrou nie die Demokrate nie en het nog nooit in groot getalle vir hulle gestem nie. Hierdie jaar het Obama baie hard gevry vir hulle stem en almal het gedink dat hy daarin geslaag het om dit te kry.
Die verkiesing wys toe anders, die meeste Kubaans-Amerikaners het weereens vir die Republikeinse kandidaat gestem.
Hulle het vas gestaan en gese, nooit sal hulle weer deur iemand om die bos gelei word nie, hulle se dat die charisma van Obama hulle herinner aan die van Castro.
Dit, laat die van ons wat saam met hulle staan natuurlik nie gemakliker voel nie.

So, in die lig hiervan kan mens verstaan hoekom hierdie man gedink het dat die son nooit weet gaan opkom nadat die Demokrate die Wit huis gevat het Dinsdag nag nie.

Ek, het ook weereens besef, dat die lug STEEDS blou is.

Vandag, praat ek oor een van die dinge wat my verskriklik en volkome DANKBAAR maak in hierdie lewe:

Die Yank.

Ek het die wonderlikste man in die wereld, wat my ongelooflik baie liefhet.
Hy is 'n tradisionele, maar ook 'n moderne man, ek het nog altyd gese, dat ek nooit met 'n man sal kan trou, wie ek nie respekteer nie en ek het die man gekry vir wie ek nie anders kan nie, as om die hoogste respek in die wereld te he.
Hy bring die beste in my uit, werp lig op my tekortkominge en laat my skaam kry vir myself, wanneer ek onvriendelike dinge oor ander mense se.
Hy het die hoogste werketiek en selfs sy medewerkers kan nie help om hom te respekteer nie, selfs nou nadat hulle uitgevind het dat hy glad nie polities met hulle saam stem nie.
Hy werk meestal saam met Rasta-ouens van die eilande, wat nou sy siel uittrek omdat sy kandidaat verloor het.
My man vat dit soos 'n man en grap terug, al wroeg dit hom diep in sy siel.
HY kry trane in sy oe oor die geringste hartseer situasie, selfs in flieks, maar tog is hy een van die sterkste mans, wat ek ken.
Die wonderlikste ding in my lewe, is om langs hom wakker te word in die nag en sy warm liggaam, daar langs my te voel.
Dit vat die alleenheid weg, veral omdat ons absoluut op dieselfde golflengte is in alle aspekte van ons lewens.
Ek het baie lank gewag vir hom en die wag was totaal en al die moeite werd.

My man ROCK!