Wednesday, November 5, 2008

toe gaan ons vir die 'cool guy'


So, ons word wakker in 'n nuwe wereld. 'n Amerika met 'n nuwe President-elect, die Amerikaners het gepraat....
Amper die helfte van die mense in Amerika, is nie baie gelukkig vandag nie, die ander, net oor die helfte is in ekstase, saam met die res van die wereld.
Ek weet nie wat dink ons troepe en die Amerikaanse Jode, wat in Israel bly, vandag nie, meer as 70% in beide groepe, het hom nie gekies as President nie.
Feit is, ons het hom en hy is gelukkig, dat konserwatiewe mense nie op riots gaan nie.
Nee, ons is mos bitter en klou vas aan ons gewere en ons geloof, soos ons nuwe President-elect, nie so lank terug, gese het nie, maar ten minste hou ons onsself in.
So, nou sit ons en wag dat hy die wereld begin gesond maak, dit is mos wat hy belowe het.
Hy kan begin by die President van Somalie, wat al klaar hoop dat hy die probleme in sy land gaan kom uitsorteer of hy kan begin om petrol in Peggy se kar te gooi, of haar huisverband af te betaal.
Sy was een van die opgewonde ondersteuners waarmee 'n onderhoud gedoen is nadat ons President-elect, een van sy toesprake gehou het.
Ek voel nogal vandag soos ek gevoel het toe die ANC aan bewind gekom het in SA, verlig dat swart mense nou kan ophou om 'witmense' te blameer vir al hulle probleme, of in hierdie geval liberales wat konserwatiewes blameer.
Ons is bang, regtig bang vir wat 'n Obama presidensie aan Amerika gaan doen, hy het belowe hy gaan ons steenkool produksie so hoog belas, dat dit bankrot sal raak. Hy het belowe om energie pryse te laat 'skyrocket', dit is nie wat Amerika, nou nodig het nie.
Hy is daarop uit om klein besighede so hoog te belas, dat hulle nie sal kan voortbestaan nie, die Yank werk vir een van daardie, so ons voel dit aan ons lyf.
Die Yank, het amper 'n hartstilstand gekry, toe hy gesien het wat Sen. Obama se belasting behels vir Amerika, net 'n voorbeeld, hy wil mense wat geld erf so hoog belas, dat omtrent 40% van die erfgeld, na die staat toe gaan.
Hy glo ook, dat daar nie genoeg reperasie gedoen is aan swart mense na slawerny nie, selfs al is slawerny alreeds in 1856 beeindig.
Dit is interressant dat meeste mense wat gevra is, gese het dat een van die redes dat hulle vir hom gestem het, was omdat hy swart is, ten minste het Amerika aan die wereld gewys dat dit nie so rassisties is soos wat hulle gedink het nie.
Dan weer, een of ander swart persoon, het die ander dag gese dat Amerika steeds rassisties is, want Obama is net half swart....
Wat help dit egter om die goedkeuring van die hele wereld te he, as jou eie land bankrot raak.
Daar was sprake dat Wallstreet net gewag het vir 'n McCain oorwinning, om te herstel, maar dat dit dieselfde sal bly, met 'n Obama oorwinning, ons sal moet sien wat gebeur.*
Een ding waaroor ek baie bly is, is dat die Bush- en Palin-bashing (miskien) nou sal stop, ek het geleer hier in Amerika, dat liberale mense net 'tolerant' is, wanneer 'n mens saamstem met waarin hulle glo, anders verander hulle in die vreemdste wesens, wat die aakligste haat kan uitspuug, wat ek nog ooit aanskou het.
Gelukkig sal ons nou ook nie Hollywood sterre en feministe by vensters sien uitspring of in massas Kanada toe sien verhuis nie, dit is altyd 'n bonus.
Die meeste mense in Amerika, hoop vandag dat ons nuwe President-elect, nie regtig so ver links is soos sy rekord se nie, ek dink egter die wat hoop dat hy al sy beloftes in sy toesprake gaan nakom, gaan lank wag.
So, baie geluk met die oorwinning President-elect Obama, ons sal jou ondersteun, want ons glo dat 'n President dit verdien en nie die 'bashing' wat gewoonlik deur die liberales aan 'n konserwatiewe President toegedien word, die hele tyd wat hy aan bewind is nie.
Natuurlik wil ons jou suksesvol sien, want ons is lief vir hierdie land en hierdie nasie en Amerika verdien dit.
Bo alles egter, sal ek vir jou bid, want ja, ek is een van daardies wat vasklou aan my geloof.

Dankie ook aan almal wat gebid het vir ons verkiesing.

Die foto hier bo is soldate en offisiere tydens WWI, dink net die ongelooflike werk wat ingegaan het in die koreografie, om die beeld te vorm, in daardie tyd waar hulle mos nie al die tegnogologie gehad het wat ons vandag het nie.
Kliek op die foto, dit is regtig iets besonders.

****Opgedateer- 6 Nov 2008
Gaan kyk HIER, wat Wallstreet toe se.
mmmm, interressant......