Saturday, December 13, 2008

kindergesiggies

♪♫♪ As Hy weer kom,
as Hy weer kom,
kom haal Hy Sy pêrels,
al Sy pêrels, fraaie pêrels,
vir Jesus se kroon.
Ja die kindergesiggies
soos die sterre se liggies,
is die hemel se pêrels
vir Jesus se kroon!♪♫♪

(dankie Pikkie :), mens kan sien dat jy kleintjies het, ek het dit gister probeer sing, maar kon nie al die woorde onthou nie!)


Die Kersfees viering met die kinders was toe wonderlik gewees. Hulle het speletjies gespeel, geeet, pryse gewen en borrels geblaas. Almal het 'n lekker dag gehad, die Yank het tot 'n rooi neus gehad van die warm son.
Dit was so lekker om die gesiggies dop te hou, opgehelder van vreugde. Soos ek reeds tevore gese het, baie van hierdie kinders (maar nie almal nie) is van minder gegoede huise. Hier op die eilande is dit ook baie algemeen dat die kinders uit enkelouer huise kom, die mans is nie baie getrou nie en het soms meer as een familie, selfs op ander eilande. Hierdie kinders is baie uitgehonger vir liefde en net so is ek en die Yank uitgehonger vir kindergesiggies en laggies, so dit is lekker om deel te neem aan sulke geleenthede. Kliek op die mosaiek om die oulike gesiggies van naderby te sien.

Die dag het my aan die volgende liedjie van Steven Curtis Chapman laat dink.