Tuesday, December 16, 2008

kuba kersfees

Vandag voel dit asof iets my jaag, ek het soveel dinge om te doen en ek weet nie waar om te begin nie.
Verder voel ek ook nie te wel nie, wie sou kon dink dat 'n mens verkoue kan kry op 'n tropiese eiland, mmmmm.
Ek wil so graag werk in my kuns joernaal, maar more is ek en die Yank se eerste persoonlike onderhoud met immigrasie, om te bewys dat ons regtig getroud is. Ons het gegrap vanoggend en gese ons gaan hulle se dat hulle net na ons 'voor' en 'na' foto's kan kyk om te sien hoe gelukkig ons is. Daar word mos vertel dat gelukkige getroude pare gewig optel, wel hulle hoef ons net een kyk te gee...
So, ek moet by die kopiering plek uitkom om afdrukke te maak van elke liewe dokument wat ons ooit in ons lewe gekry het.
Ek moet klere was, o ai toggie, my arme man het glad nie meer werkshemde om aan te trek nie.
Daar is tonne kersfeesinskrywings wat ek wil maak hier.
Ek het die mooiste hout hartjies gekoop en wil dit versier vir die kersboom, ek kry nooit genoeg van kersversierings nie!
Dan moet ek nog begin met die Yank se verjaarsdag kaartjie ook, ja-nee, hy verjaar toe mos nogal 5 dae voor Kersfees!
Hy wil nie geskenke he nie, net een van my tuisgemaakte kaartjies en ek het min dae oor vir dit.



Die foto van die kersboom is geneem in een van die mees luuksieuse hotelle in Kuba.
Ons het daar geslaap met ons laaste nag in Kuba, omdat ons te laat was vir ons vlug en die redery ons sitplekke weg gegee het, toe het hulle ons in die Melia Cohiba ingeboek.
Dit was vol prag en praal, wat 'n mens natuurlik nie sien in die res van Kuba nie. Op daardie stadium was dit ook onwettig vir Kubane om in die 'toeriste' hotelle te bly. Ons was regtig vies oor al die luuksheid, na 10 dae wat ons in privaat mense se huise tuis gegaan het en gesien het in wat se armoede hulle bly.
Blykbaar is Kersbome stadig maar seker besig om terug te keer na Kuba toe, soos wat kapitalisme stadig maar seker inkruip en sosialisme uitkruip. Daar is steeds baie onderdrukking van die mense, maar dit sal hopelik nie vir altyd aanhou nie.
Hierdie foto was op 'n blog van 'n Kubaanse vrou wat 'onwettig' blog vanuit Kuba. Hierdie inskrywing is so lank ek sal nog oor haar skryf.
Ai, nog iets wat ek wil doen.
O ja, en ek moet nog foto's neem van die kersversierings in die dorp, dit is so oulik, so hier gaan ek, ek sal maar moet begin by die begin vandag. :D