Friday, December 19, 2008

withuis kersfees





Vandag is 'n gepaste dag om my withuis kersfees inskrywing te doen. Dit het baie goed gegaan met immigrasie gister. Ek is oppad om 'n African-American te word! :D
Hierdie is net die eerste treetjies, maar ons het nou al so ver gevorder.
Ek was baie op my senuwees, die immigrasie beampte het ons apart ingevat vir onderhoude en ek was so bekommerd sy dink ons is nie regtig vir liefde getroud nie, ons het selfs van die goed verkeerd gese, 'n mens kan mos nie alles onthou nie!
Ek het nooit eens daaraan gedink dat ek dalk gedoperteer kan word nie, eers toe ek daar sit, geskei van die Yank, het dit my maag op 'n knop laat trek.
Alles het toe goed afgeloop, nou sal dit weer 'n rukkie vat voor ons weer die volgende stap moet vat.

Soos ek se, hierdie is my withuis kersfees pos. Kyk net daardie groot kersboom wat daar by die withuis aankom, ek sal graag so 'n grote wou he! Die foto het so 'n ouwereldse gevoel, ek is mal daaroor.
Ek sal ook daarvan hou om soveel kersbome te he, soos wat Laura Bush het!

Die kersboomversierings hieronder behoort aan 'n vriendin van my. Die withuis gee 'n kersversiering uit elke jaar en Cindy se ma stuur vir haar twee kinders die nuwe versiering elke jaar. Sy het erens in die tagtigerjare begin.
Dit het eers vir my so kitch gelyk, miskien omdat ek nie gek is oor goud nie, maar nou begin dit al hoe meer spesiaal lyk.
Die detail is ongelooflik, elkeen lyk anders en het die jaar se datum op. Fantasties!
Hierdie Amerikaners weet hoe om kersbome en huise te versier met kersfees.


Die eerste withuis troue!