Thursday, January 1, 2009

kreatief



sterre

Ek het nog nooit van Oujaarsaand gehou nie. My hele lewe lank was ek of alleen wakker wanneer daardie klok slaan of ek het gevolunteer om te werk, enigiets om tog net nie 'n partytjie by te woon nie!
Ek kan die kere wat ek dit saam met 'n groep mense binne gegaan het op my een hand tel, eintlik 'n halwe hand.
Vir my is daar iets wat my hartseer maak wanneer ek die ou jaar groet.

Hierdie jaar was egter anders, omdat dit my eerste een saam met die Yank was. Vreemd genoeg het ek steeds daardie vreemde heimwee gehad, maar dit was lekker saam met hom.
Ons het sjampanje op die ys gehad en in die buitelug jacuzzi gaan klim net voor middernag.
Dit is deesdae nogal koel hier in die nag, so die lekker stoom warmte was heerlik. Die sjampanje was wonderlik en die wereld het sommer mooi gelyk, so gebaai in die blou lig van die jacuzzi.
Toe praat ons diep dinge, geloof dinge, God dinge. Ek het opgekyk na die wye donker uitspansel met flikkerende liggies en het gewonder of God elke detail van die aarde beplan het. Toe Hy dit gevorm het, het alles net gebeur soos dit gebeur het, of het ons hemelse Vader elke klein detail spesifiek geskep, vir ons om te geniet?
Die Yank dink dat Hy net Sy hand geswaai het en dinge geskape het, die sterre in die lug gestrooi het, maar ook fyn, klein dingetjies gemaak het, net omdat Hy kan en in oomblikke van die hoogste kreatiwiteit.
Dit is vir my lekker om hieroor te wonder en toe kom ek af op hierdie wonderbare inskrywing, ek volg haar blog nou al vir 'n rukkie en dit wat ek daar kry is soos manna

Kyk na hierdie wonderlike video:

túrána hott kurdís by hasta la otra méxico! from Till Credner on Vimeo.

hoe en waar het jy die nuwe jaar binne gegaan?

dankie vir hierdie blou planeet o Heer