Saturday, January 3, 2009

eenvoud

Dis 'n nuwe jaar en hier is Januarie, in my Mucha kalender.


Gisteraand is ek weereens herinner aan die volgende vers in die Bybel.

Better is a dinner of herbs where love is than a fatted ox and hatred with it.
Proverbs 15:17
Amplified Bible




Vriende van die Yank kuier hier op die eiland op die oomblik. Hulle het 'n seilboot hier en kom so twee keer 'n jaar hierheen om te seil en aan die boot te werk. Hulle is alreeds in 'n verhouding vir 15 jaar, toe vind sy 'n rukkie gelede uit dat hy 'n hele paar ander verhoudings gehad het gedurende die tyd wat hulle al saam is en dat daar op die oomblik ook 'n ander vrou in sy lewe is.
Onnodig om te se dat dit 'n baie groot skok was vir haar.
Nou probeer hulle dinge uit werk, maar dit lyk my sy is die een wat sal moet inval by sy wense, hy sien niks verkeerd met die feit dat hy meer as een verhouding op dieselfde tyd het nie.
Sy lyk gebroke en het vreeslik baie gewig verloor in teenstelling met die Yank en ek, wat lekker rond geraak het die afgelope jaar.
So, toe dink ek gisteraand aan die bogenoemde versie, terwyl ons eet aan die biryani wat ek al laas week gekook het. Dit was so erg gespesery, dat ons dit moes afwater met meer en meer rys, ons het naderhand so baie gehad,dat ons nou al vier keer daaraan geeet het.
Praat van die weduwee se kruik, wat nooit opdroog nie!
Ons vriende het gisteraand by die duurste restaurant op die eiland gaan eet, terwyl die Yank en ek ons biryani potjie gedeel het.
Toe tref die gedagte my, ek verkies 'n eenvoudige, opgewarmde ete met liefde daarby as 'n ete in die duurste restaurant, met seer, wantroue, ontnugtering en skok daarby.