Wednesday, February 4, 2009

I woke up laughing


Die ander oggend het ek al laggende wakker geword. Die Yank moes my vra wat dan aangaan, so hard het ek gelag.
Ek het gedroom dat ek by 'n troue is met my hele familie.
Die Yank het bloedrooi gekleurde hare gehad en my suster se hare was groen. Dit was 'n fantasie van my onderbewussyn, wat beter as ek weet, hoe vreeslik ek my familie mis.
Ek is vasgevang in 'n maalkolk van Amerikaanse burokrasie en redtape, met werkpermitte en die regte dokumente om hier te kan werk en aan die ander kant van die Atlantiese oseaan, is dit Afrika tyd, die tyd wat geen respek vir enige Westerling het nie, om my dokumentasie hier te kry.
Dit alles moet eers uitgewerk word, voordat ek ooit weer my voete in die stof van Afrika kan sit.
Het jy al ooit gevoel asof jy in 'n doolhof vasgekeer sit?