Wednesday, February 4, 2009

vriendskap


Dis alweer Februarie en hier is my Mucha kalender. Kyk hier na die res.


Die Mucha meisie het my laat dink aan my mooie vriendin in Engeland, wat einde verlede jaar getroud is met haar droom man. Sy is my maatjie, met wie ek soveel pret gehad het by die werk en in die koue strate van Oxford. Ons is absoluut teenoorgesteldes in baie opsigte, maar ons het groot vriende geraak en ek mis haar baie.
Ek kon nie by haar troue wees nie, so sy het vir my hierdie foto's gestuur, my mooie maatjie wat soos 'n beeldskone Bollywood aktrise lyk, ek moet met haar spog vandag.






Ek verlang na ons kuiers in Starbucks, waar ons gesels het oor werk, ons liefdes en baie ander dinge. Ons het ons mans op omtrent dieselfde tyd ontmoet en min het ons geweet dat ons albei 'n jaar later getroud sou wees, dat ek ver oor die oseaan sal bly en dat ons mekaar so min sal sien.
Ongelooflik hoe radikaal 'n mens se lewe kan verander in net 'n jaar.