Sunday, February 8, 2009

vlerkie



Jy het saam met my gevlieg
vanuit die verre koue
na hierdie hitte.
Jy het nie jou eie, piepklein
vlerkies gebruik nie,
maar was toegedraai
in sagte papier
in karton.
Jy, my diebare
glasengeltjie.
Toe laat ek jou val
en jy splinter
in tientalle,
klein stukkies.
Net die genade,
van 'n goudomraamde
glasvlerkie
het heel gebly.
Jy, my engeltjie
wat hierdie nuwe lewe
met my moes deel.
Hierdie vlerkie
sal ek bere.
Hoe gepas,
my woord
vir die jaar is
'fly'
en nou
kan ek dit doen,
met jou,
geleende,
kleine,
glasvlerkie.