Friday, June 12, 2009

luilekker Somers naweke

'n paar van my mees geliefde dinge
.
wit, wasige branders
.
die Yank
.
laat middae
.
die silhouet van 'n pelikaan teen die lig
.
.
wolke
.
spelende dogtertjies, in rooi
.
sappige aarbeie
.
.
'n wit laphoed
.
voetjie-voetjie speel
.
soentjies en drukkies
.
.
strandstoele
.
fyn voetspoortjies in die sand
.
pieknieks
.
.
en natuurlik al die wonders
waarvan daar nie foto's
geneem kan word nie
.
skole klein, silwer vissies
al spelende om my bene
.
suikerbek voeltjies op die strand
.
'n sjampanje prop wat plof
.
die wind
.
en
natuurlik
liefde