Tuesday, June 23, 2009

magic op 'n Vrydagaand ( foto bygevoeg )



(opgedateer met 'n foto van 'n properse kiekieboks )
.
dis nog nie eens die 4de Julie nie,
maar, jy weet nooit wat jy gaan kry
op 'n soel Somersaand
op 'n Vrydag op 'n tropiese eiland nie
.
.
gisteraand het 'n maat, vuursirkels gemaak
op 'n strand
.
die son het gesak en het 'n pienk horison agter gelaat
.
hy is gevange gehou in 'n sirkel van lig
en
daar was tonge van vuur
wat gedans het deur die lug en oor die sand
.
daar is magic gemaak
.
en
dis met moeite vasgevang met 'n selfoon

.
.
.
daar was magic gemaak,
.
magic gemaak vir my,
.
ja
daar is sommige mense
wat magic kan maak, enige plek, enige tyd
.
met 'n paar stukke staalwol en 'n lang stuk draad
gebere in 'n ou koffieblik, agter op 'n bakkie
.
.
soek hulle,
die mense wat kan magic maak,
enige plek en enige tyd
.
.
ons het so baie gelag
.
iets wat nie nuut is, vir my man nie
.
maar gisteraand het ons ekstra baie gelag
.
wonderlike tye
.
die volgende video laat my sing,
die woorde laat my dink aan vriende, goeie tye en
liefde

update

21 Junie 2009:

toe gaan kuier ek by Relyn vandag en vind haar blogpos:

"magic in their pockets"

en sy skryf oor mense wat magic maak vir ander mense

gaan kyk daar,

ons maat, die een met die vuursirkels, die een wat magic maak

hy


hoort ook in haar blogpos