Friday, June 19, 2009

monster pa's en vetplante

daar woon 'n
monstervoel buite
ons huis
.
eintlik
is dit maar net
'n pappa voel
en
'n mamma voel
met
piepklein babas
wat leef
in die hoek
van die dak,
op die stoep
.
en pappa voel
is baie ontsteld
wanneer ons
uit die huis kom
en
swiep oor
ons koppe
.
hier is 'n foto
van scary,
monster pappa
.
die foto
het my hard
laat lag
.
gelukkige Vadersdag
monster pappa,
.
van
jou dankbare kroos
.
.
laas week
het ek 'n steggie geplant,
net 'n stukkie
van 'n wonderbare
vetplant
wat vir twee dae
in die son
in die trok vergeet is
.
ek het dit net in die grond gedruk
.
en
nou is ek beloon
met die mooiste, fynste
oranje blommetjie
.
daar is steeds geen wortels nie
.
ek het gekyk
.
maar sy blom
.
wat 'n lewensles
vir my
.

1 Eiertjies gele:

http://chessaleeinlondon.wordpress.com said...

BAie mooi! Ek is ook mal om steggies in te druk wat ek kry. My ma was ook so toe sy nog kon tuinmaak. Mense wat by ons kom kuier het MOES net weggaan met 'n steggie van een of ander iets..soms handevol!