Friday, June 19, 2009

monster pa's en vetplante

daar woon 'n
monstervoel buite
ons huis
.
eintlik
is dit maar net
'n pappa voel
en
'n mamma voel
met
piepklein babas
wat leef
in die hoek
van die dak,
op die stoep
.
en pappa voel
is baie ontsteld
wanneer ons
uit die huis kom
en
swiep oor
ons koppe
.
hier is 'n foto
van scary,
monster pappa
.
die foto
het my hard
laat lag
.
gelukkige Vadersdag
monster pappa,
.
van
jou dankbare kroos
.
.
laas week
het ek 'n steggie geplant,
net 'n stukkie
van 'n wonderbare
vetplant
wat vir twee dae
in die son
in die trok vergeet is
.
ek het dit net in die grond gedruk
.
en
nou is ek beloon
met die mooiste, fynste
oranje blommetjie
.
daar is steeds geen wortels nie
.
ek het gekyk
.
maar sy blom
.
wat 'n lewensles
vir my
.