Wednesday, June 17, 2009

wasdag

die vreugde van
helderbont,
geblomde sonrokke,
al flappend
in die wind
.
die vreugde van
die skoon
babapoeier reuk
van die son,
in die lap
.
die vreugde van
wonderskone
blomme,
klein,
klein
skepseltjies
en
sampioene
in bruidsrokke geklee
.


.

.

.

.

.

.

.

.

.


.
die vreugde van
sintuie
.
en
die vreugde om
klere te he,
om te was,
op my
wasdag