Thursday, June 18, 2009

lammerkinners

Op snikheet warm, Karibbiese
middae
.
luister ek
na die geroep
van lammers
in die vallei
.
en
met weemoed
in my hart
.
vra ek my niggie
vir foto's,
.
foto's
van lammers
.
en
kry
hierdie
kosbaarheid
.
.
lammers
en 'n
dogtertjie,
.
in die Winter
.
ver
op 'n plaas
in Afrika
.
en ek onthou
.
die Wintersonnetjie
en die geroep
van lammers
uit my eie
kinderdae
.
ek het ook
gebly
op 'n plaas
ver
in Afrika

3 Eiertjies gele:

Sandra said...

Dit is 'n kosbare foto. Jy praat van lammers op die eiland, is daar plase?

eilandkind said...

hi Sandra, in die ou dae was daar meer 'formele' plase, nou lyk dit my het elke ou maar bokke, perde, en skape en hulle loop oral, tot in die dorp. Ek sal miskien later 'n pos opsit oor die suikerplantasies, van die ou dae.

nikita said...

nou't jy my ook laat terugverlang!