Thursday, June 18, 2009

lammerkinners

Op snikheet warm, Karibbiese
middae
.
luister ek
na die geroep
van lammers
in die vallei
.
en
met weemoed
in my hart
.
vra ek my niggie
vir foto's,
.
foto's
van lammers
.
en
kry
hierdie
kosbaarheid
.
.
lammers
en 'n
dogtertjie,
.
in die Winter
.
ver
op 'n plaas
in Afrika
.
en ek onthou
.
die Wintersonnetjie
en die geroep
van lammers
uit my eie
kinderdae
.
ek het ook
gebly
op 'n plaas
ver
in Afrika