Sunday, September 6, 2009

die posman

tema musiek van Il Postino



...

hierdie fantastiese fliek
kom al baie jare saam met my,

.
ek het dit nou vir die eerste keer gekyk,
maar ons geskiedenis is lank

.

ek het dit omtrent 15 jaar gelede opgeneem

toe dit uitgesaai is deur die SAUK,

maar my pa het iets anders daaroor opgeneem

ek was baie ongelukkig.

maar pa het gese

dat dit nie 'n goeie fliek was nie

(seker maar oor die subtitels...)

.

ek het hom geglo

.

en

vreemd genoeg het ek dit toe nooit gesien nie,

tot nou

.

wat 'n wonder

.

ek het nie eens besef dat die digter daarin

Pablo Neruda

is nie

.

hy is een van my mees geliefde digters

en ek het eers so 4 jaar gelede van hom gehoor

.

dit het my laat besluit dat ek Spaans wil leer,

sodat ek sy werk in die oorspronklike taal kan lees

.

die volgende gedig

het ek 'n paar jaar gelede gevind

voor in 'n boek,

die naam van die boek het ek vergeet,

maar die gedig en die digter

die, onthou ek

.

Brown and agile child

Brown and agile child, the sun which forms the fruit

And ripens the grain and twists the seaweed

Has made your happy body and your luminous eyes

And given your mouth the smile of water.

A black and anguished sun is entangled in the twigs

Of your black mane when you hold out your arms.

You play in the sun as in a tidal river

And it leaves two dark pools in your eyes.

Brown and agile child, nothing draws me to you,

Everything pulls away from me here in the noon.

You are the delirious youth of bee,

The drunkedness of the wave, the power of the heat.

My somber heart seeks you always

I love your happy body, your rich, soft voice.

Dusky butterfly, sweet and sure

Like the wheatfiled, the sun, the poppy, and the water.

Pablo Neruda

.

die sien van Il Postino
was soos 'n tuiskoms,
.
'n sirkel,

.

wat uiteindelik

voltooi is