Ek onthou toe ek eenmaal die monument vir Amerikaanse soldate wat in WWI en WWII geveg het besoek het. Dit is gelee tussen die heuwels van Cambridge in Engeland.
Die rye en rye wit kruise het my weemoedig gelaat en ook diep dankbaar vir alles wat hierdie manne opgegee het, sodat die Weste (ons) in vrede en vryheid kan lewe.
Toe het ek nog nie die opoffering van die Amerikaanse soldaat verstaan nie, dit het my gekos om hier te kom bly en saamleef met 'n patriotiese Amerikaner, om dit te kon verstaan.
Stadig maar seker het al my wilde, liberale idees, waarmee ek van Europa af gekom het, weg gesypel, soos wat ek geluister het na die Yank en Amerika begin verstaan het.
Ek het stories gehoor van Amerikaanse soldate wat alles gee om hulle land en haar mense te beskerm, selfs wanneer daardie mense hulle bespot en met eiers gooi wanneer hulle terug keer na hulle land.
Soos gebeur het met my twee swaers, wat in Vietnam geveg het. Baie van hierdie soldate het nie gekies om daar te wees nie, hulle is opgeroep vir diens en het baie getraumatiseerd terug gekeer en moes maar net op hulle eie weer normaal leer leef in 'n samelewing wat hulle gehaat het.
Ek glo vas dat ons steeds in 'n vrye wereld lewe, omdat hierdie manne ( en vroue ) dit moontlik maak.
Ek onthou ook hoe een van my ouer pasiente in Engeland vertel het, hoe aantreklik die Amerikaanse soldate tydens WWII vir hulle was, hulle het in Engeland aangeland, bruingebrand en gesond met bloesende wange, so anders as die bleek Britse mannetjies!
Geen wonder dat soveel Britse meisies met hulle weg geloop het nie.
Vra my, ek weet wat 'n Yank aan 'n mens se hart kan doen!
Hier onder, 'n paar van my foto's van die WWI en WWII gedenktuin naby Cambridge in Engeland.
en twee kosbare foto's van my nou 85 jarige skoonpa, wat Japan toe gestuur is gedurende WWII
vandag se ek dankie aan alle veterane, my skoonpa en twee van my swaers ingesluit.