Tuesday, November 17, 2009

gedagtes in my kop

so baie wat my gedagtes vasvang deesdae
.
'n klein, bruin dogtertjie
met die reuk van appels in haar hare,
op my skoot
tydens kinderkerk
.
'n blou oog katjie,
ontdek onder die kap van ons trok,
by die vulstasie
en die verwyt dat ek haar nie kon vang
en 'n huis gee nie
waar, o waar is sy nou
.
moontlike werk,
in die dieptes van 'n universiteit,
VIGS navorsing,
klink na iets wat ek kan doen
.
'n monster groeisel
gesny van my Yank se nek,
Here, mag al die kwaad weg wees,
asseblief.
.
en die foto wat by hierdie woorde sou pas
wat ek nooit geneem het nie
.
.