Friday, December 11, 2009

kyk

in hierdie dae van wag
.
'n kruis
gevorm deur die raam van 'n venster
in die sonkol op my bank
.
'n donker skadu
op 'n gehekelde lap
splinternuut van die tweedehandse winkel
.
met 'n patroon soos
sneeuvlokkies
.
lyk my dit gaan 'n wit Kersfees wees
.
after all
.