Sunday, December 6, 2009

soekend

hierdie foto
het ek geneem die ander aand
.
'n normale aand
soos enige ander
.
met die kleure van die sakkende son
maar hierdie
een
was tog anders
.

.
met drie wyse manne
.
die voorste een wat wys na die lug
.
'n kameel
en
die strale
van 'n ster
wat die koms
van 'n Koningskind aankondig
.
hulle
.
op reis
na 'n Verlosser
.
net soos ek
.
wat wag
.
.
.