Friday, January 8, 2010

awesomeness

soms vind ek 'n blog
wat my maag laat draaie maak
draaie van lekker kry
blogs wat voel of mens dit kan eet
soos die klapperys
van my kleindogtertjie dae
hier is twee wat ek onlangs gevind het

ek plaas hulle foto's
in lekkergoed pienk

want ek het mos deesdae 'n lus vir pienk

From me to you

kliek en gaan kyk na haar fantastiese foto's van rose en Spanish mos




Happy together
kyk na haar dierbare engel dogtertjie



hierdie pienk perd, vir haar niggie gemaak vir Kersfees!
is die perd nie fantasties nie????




o aarde, ek besef ek het dit erg
net twee weke gelede het ek met 'n naarte op my maag gewonder
waarom sommige bloggers
'pink Saturday' hou
ek gaan dit nie begin doen nie
gaan ek?
asb. se tog ek gaan nie....