Wednesday, January 6, 2010

hart seer

ek is deurskynend
.
ek kan na mense luister en kyk
.
en gewoonlik lyk dit nie asof hulle eens van my bestaan bewus is nie
so was dit weer gister
in die ellllllllelange tou by die bank
daar het ek gestaan
en moes luister na die tieners agter my
se sekskapades
.
hoe die een vir haar 'boyfriend' gevra het
of sy 'n aborsie moet kry of nie
en vele, vele meer
gans en al te veel inligting
op 'n dag wat ek eerder 'n stok in my oog sou verduur as om in 'n tou by die bank te staan,
'n tou wat ure vat
.
toe aanskou ek 'n sadistiese vrou
wat 'n ander vrou se klein seuntjie afknou
my bloed het gekook
sy was die tipiese 'volwasse' boelie
wat op kinders teer
want sy is te lafhartig om dit te probeer met ander volwassenes
of dit is dan hoe ek die situasie opgesom het
en nou vandag
is my hart seer
seer
omdat mense wat nie kinders 'verdien' nie
klein donker, krulkop seuntjies kry
of vir die pa van die groeiende wesentjie binne haar
vra wat hy verkies
aborsie of nie
.
dit help egter nie om te vra waarom nie
dan sit ek maar hier
en dink
en bid
en huil so 'n bietjie
en drink chai tee
uit my splinternuwe, hartroerende mooie rooskoppie
vanaf die tweedehandse winkel
selfs die teesakkie se tag is bemoedigend
.


.
veel meer bemoedigend as om te wonder
wat het die 'boyfriend' gese
oor die aborsie
en
waar is daardie
klein, donker, krulkopseuntjie
vandag
en wat gaan van hom word
hier op hierdie eiland
waar soveel jongmense
die pad van dwelmhandel en misdaad volg
.
.
.