Friday, January 1, 2010

'n nuwe dag

toe word ek wakker met die seerste, seerste kop
ooit
hierdie more
heeldag in die bed
met warm en koud afgewissel vir verligting
.
ek wou nog fokus op die ou jaar
ondersoek en kyk wat was goed en wat was sleg
maar toe moet ek veg teen die sleg in my lyf
.
sal maar ondersoek
'n ander dag
.
'n prentjie van die .

blou maan wat bo ons koppe gehang het
laasnag
met die aanbreek van 'n nuwe dekade
in hierdie millenium
.
net 'n dowwe prentjie
maar myne
in 'n wonderskone nag, so helder soos die dag
in die jacuzzi
onder die naghemel
met my Yank
.



en



'n prentjie
vanaf ons voorstoep
mis in die vallei
met die olieraffinadery, die see en 'n skip in die verte
.
die aanbreek van 'n nuwe dag
in 'n nuwe jaar
in 'n nuwe dekade
.
elke dag wat wag
gryp die dag
.
.
my woord vir die jaar
nog nie mooi
gekies nie
"present"
of
"be"
gewoonlik kies die woord homself
ek sal wag en sien
.



gaan kyk na foto's van Nuwejaar oor die wereld:


The big picture