Monday, February 8, 2010

koekies en my mojo

mmmm, hoe sit mens die geur van koekies wat bak
op jou blog?
enige raad?
.
ja, ek is deesdae goed aan die bak en brou
hierdie is my skuimpies, of dan 'meringue'
van die ander aand
.



.
my eerste skuimpies ooit
ek is chuffed met myself!
.
nou sit ek hier met die geur
van koekies wat bak in die oond
'n hemelse geur
wat ek wil bottel
en uithaal
elke keer wanneer ek my mojo verloor het
resep van
hier
Ann gee vir mens voedsel vir jou siel ook
kyk bietjie rond daar by haar

.

ek dink dit is die rotskoekies
wat ek leer bak het in St 6
sal moet proe
wanneer dit klaar is

.

ek kan nie wag nie
mmm