Tuesday, February 16, 2010

Valentyn en woorde wat lewe gee 15


.
dis nooit te laat vir liefde nie
.
liefde is
.



ek en die Yank het nie vir mekaar kaartjies
of geskenke gegee vir Valentynsdag nie
dit voel so onnodig
om een dag spesiaal te maak
.
toe sit ek so en dink in die kerk
elke dag met hom
is Valentynsdag
.
die volgende oomblik toe leun hy oor na my toe en fluister in my oor:
"Every day with you is Valentine's day..."

kyk
vir nog woorde wat lewe gee van my man.
.
ek hoop almal se Valentynsdag
en elke ander dag
was en is gevul met
liefde