hier, word bladsye gevul, met die asemteue van my hart. (Soos aanbeveel deur William Wordsworth)
Wednesday, April 1, 2009
soms
soms suck die lewe
.
gemors van 'n internet konneksie,
vir weke nou al
.
verkoue,
die vierde keer in ses maande
.
.
en nou
my kamera gesteel
ergste is
ek weet
wie
.
ja
op te rol in 'n balletjie
en net te bly le
met die minder mooi
EN
die bitter mooi
.
en
ek het steeds
liefde
.
"The soul is dyed the color of its thoughts.
Think only on those things that are in line with your principles
and can bear the full light of day.
The content of your character is your choice.
Day by day, what you choose,
what you think and what you do is who you become.
Your integrity is your destiny;
it is the light that guides your way."
Heraclitus
Thursday, March 19, 2009
die eilande
Sunday, March 1, 2009
seil en sterre kyk
Maart in my Mucha kalender.
Kyk hier na die ander maande, wat ek in my blog gepos het.
Ek kan nie wag om hierdie prente in my joernaal te gebruik nie!
Ons gaan seil hierdie week, met die boot in die foto bo aan my blog. Is ek nie geseend nie? Ja, ek weet, ek bly in die Paradys en kan seil, net wanneer ek wil en die see geniet, terwyl my vriende in Engeland vries en dit een van die dae Winter sal wees in Suid-Afrika.
Dit is defnitief 'n makliker lewe om in die trope te bly. Ek dra glad nie toe skoene nie en het vandat ek hier bly nog nooit 'n trui of selfs 'n langmou top gedra nie of selfs 'n langbroek nie! Moenie eens praat van jeans nie, ek sal seker nooit weer een dra nie, nie terwyl ek hier bly nie.
Dit is net rokke en kortbroeke, ek weet dit is vir sommige mense 'n droom, maar ek mis Winter klere, dit was nog altyd mooier vir my as Somers klere.
I.e.g. ons gaan seil die week.
Hopelik is die see nie te rof nie en raak ek nie te erg seesiek nie, dit kan nogal 'n probleem wees vir my.
Dit sal goed wees om weg te kom, sterre te tel en die wind op ons gesigte te voel.
Dit is tyd om die spinnerakke weg te waai.
Saturday, February 28, 2009
altyd 'n hand
Ek mis kusntenaars soos John Martyn* en Kathy Mattea, die tipe kunstenaars, wat ek baie sien optree het in Engeland, hier is 'n lied vir jou:
*RIP John Martyn: 29 Januarie 2009
en die wonderlike Dana Falconberry!
Kyk hoe vol raak my joernaal.


Ek het 'n dagboek gehou van vroeg in my hoerskool jare en het deur die jare aan en af een gehad, maar alhoewel ek probeer het om dit visueel mooi te maak het ek nooit regtig voluit gegaan met dit nie. Dit is wonderlik hoe baie ek ontwikkel het die afgelope jaar deur meer kreatief te wees in my joernaal. Hier is twee interressante skakels oor skryf in 'n joernaal:
how to journal for therapy
100 benefits of journaling
Friday, February 20, 2009
ietsie oulik
vir Ouma's, Oupa's, ma's, pa's, tannie's, oom's ag sommer vir enigeen, gaan loer in by:
small magazine
en
ooooe, ek het deesdae 'n obsessie met oulike, opvreetbare baba's gaan kyk hier: hideously-cute-newborn-babies
geniet die naweek.
wie nie waag nie...
Weereens, as ek nie verseker is dat dit perfek sal wees nie, dan doen ek dit liewer nie.
Ek weet dit is nie reg nie en dit is nie hoe die lewe is nie en ook nie hoe ons moet lewe nie, maar soms kan ek myself nie help nie.
Vanoggend moes ek geheime neerskryf op twee joernaal bladsye en dit dan toeplak met allerhande tipe tape. Dit was moeilik genoeg vir my om eerlik oor al my foute en baie verkeerde dinge wat ek in my lewe gedoen het te wees, maar dit was nog erger vir my om dit toe te plak en dan daaroor te verf!
Ek moes myself dwing om dit te doen en dit was 'n ongelooflike bevrydende ervaring, probeer dit!
Eerstens het ek dinge neergeskryf en erken wat ek vir jare nie wou erken of selfs oor wou dink nie en toe het ek die toeplakkery en verwery verskriklik geniet.
Ek kan nie beskryf hoe dit was nie, dit was net eenvoudig wonderlik.
Hier is my bladsye, ek het net blou maskeer tape, gladde bruin en wit elektriese tape gehad, ek is nie mal oor enige van die drie nie. Ek is egter so beindruk met die eindresultaat.
Ek hou baie van die detail op die bladsye, dit kan mooi gesien word op die tweede foto.


so, dit is tyd om dapper te wees en om regtig te VLIEG, my woord vir hierdie jaar!
Die volgende video is wonderlik en som alles op, wat aan die gebeur is in my lewe deesdae: "face your giants"
Ek hou nogal van lysies en het hierdie een nou al 'n paar keer op blogs gesien en besluit om dit te doen, as deel van my nuwe voornemens, hier onder is 'n paar van die dinge wat ek al gedoen het in die lewe.
Tyd om nog meer en nog hoeer te vlieg!
Die goed wat ek al gedoen het is donkerder as die res:
2. Slept under the stars
3. Played in a band
4. Visited Hawaii ( but living on a tropical island! :)
5. Watched a meteor shower
6. Given more than you can afford to charity
7. Been to Disneyland
8. Climbed a mountain
9. Held a praying mantis
10. Sang a solo (singing to myself all the time though)
11. Bungee jumped
12. Visited Paris
13. Watched a lightning storm at sea.
14. Taught yourself an art from scratch
15. Adopted a child
16. Had food poisoning
17. Walked to the top of the Statue of Liberty
18. Grown your own vegetables (does herbs count?)
19. Seen the Mona Lisa in France (almost)
20. Slept on an overnight train
21. Had a pillow fight
22. Hitch hiked
23. Taken a sick day when you’re not ill
24. Built a snow fort
25. Held a lamb
26. Gone skinny dipping
27. Run a Marathon
28. Ridden in a gondola in Venice
29. Seen a total eclipse
30. Watched a sunrise or sunset (who hasn't?)
31. Hit a home run
32. Been on a cruise
33. Seen Niagara Falls in person ( does the Victoria falls count? it's just as impressive)
34. Visited the birthplace of your ancestors ( aaah, so ALMOST)
35. Seen an Amish community
36. Taught yourself a new language ( still trying)
37. Had enough money to be truly satisfied ( at times )
38. Seen the Leaning Tower of Pisa in person
39. Gone rock climbing
40. Seen Michelangelo’s David (almost)
41. Sung karaoke
42. Seen Old Faithful geyser erupt
43. Bought a stranger a meal at a restaurant
44. Visited Africa
45. Walked on a beach by moonlight
46. Been transported in an ambulance ( wasn't the patient though)
47. Had your portrait painted
48. Gone deep sea fishing
49. Seen the Sistine Chapel in person (almost, it is closed on a Monday)
50. Been to the top of the Eiffel Tower in Paris
51. Gone scuba diving or snorkeling (both)
52. Kissed in the rain ( think so... )
53. Played in the mud
54. Gone to a drive-in theater
55. Been in a movie
56. Visited the Great Wall of China
57. Started a business
58. Taken a martial arts class
59. Visited Russia (does the Ukraine count?)
60. Served at a soup kitchen ( does handing out Thanksgiving meals count? )
61. Sold Girl Scout Cookies
62. Gone whale watching
63. Got flowers for no reason
64. Donated blood, platelets or plasma
65. Gone sky diving
66. Visited a Nazi Concentration Camp
67. Bounced a check
68. Flown in a helicopter
69. Saved a favorite childhood toy
70. Visited the Lincoln Memorial
71. Eaten Caviar
72. Pieced a quilt
73. Stood in Times Square (does the one on St Croix count? :)
74. Toured the Everglades
75. Been fired from a job
76. Seen the Changing of the Guards in London
77. Broken a bone
78. Been a passenger on a motorcycle
79. Seen the Grand Canyon in person
80. Published a book
81. Visited the Vatican
82. Bought a brand new car
83. Walked in Jerusalem
84. Had your picture in the newspaper
85. Kissed a stranger at midnight on New Year’s Eve
86. Visited the White House
87. Killed and prepared an animal for eating
88. Had chickenpox
89. Saved someone’s life (taken part in CPR efforts that were successful)
90. Sat on a jury
91. Met someone famous
92. Joined a book club
93. Got a tattoo
94. Had a baby
95. Seen the Alamo in person
96. Swam in the Great Salt Lake
97. Been involved in a law suit
98. Owned a cell phone
99. Been stung by a bee
VLIEG!
dankie vir my vlerke Jesus
Tuesday, February 17, 2009
seeninge
vergeet kom gou
kla kom maklik
veral in hierdie tye
maar
met vol maag
warm lyf
met die wieg
in 'n hangmat
met die fluistering
van geheime
deur 'n ewige see
met die tel van seeninge
so
kom die dankbaarheid
(bloot net gedagtes, nie enigsins
bedoel as poesie nie)
dankie Here vir hierdie seeninge
Monday, February 16, 2009
presidente dag
Ek leer deesdae baie van die Amerikaanse geskiedenis, want die Yank is baie lief vir geskiedenis en het altyd iets om my te vertel.
'n Oulike video met al die Amerikaanse presidente van Washington tot vandag:
Sunday, February 15, 2009
V is vir...

rooi rose, sweetheart, aarbei harte, pienk yoghurt en blou bessies, sé dit, soet liefde.
ons het ook die fliek 'Slumdog millionaire' gaan kyk, dit was baie goed gedoen, defnitief werd om te gaan sien. Dit was net hartseer en het my laat terugdink aan die tyd wat ek in Mumbai was en verstom was oor al die kinders in die slums. Ek onthou hoe ek gedink het dat hulle nooit die voorreg sal he om soos ek op die platteland van Afrika groot te word en vars lug in te asem nie. Dit was tragies vir my, maar mens vergeet so gou, hierdie fliek het my net weer laat onthou.
'n video vir valentyn, met 'n onverwags skokkende einde:
we can love
we can cherish
we can protect
we can empower
why don't we?
Saturday, February 14, 2009
my valentyn
"I do not love you as if you were salt-rose, or topaz,
or the arrow of carnations the fire shoots off.
I love you as certain dark things are to be loved,
in secret, between the shadow and the soul.
I love you as the plant that never blooms
but carries in itself the light of hidden flowers;
thanks to your love a certain solid fragrance,
risen from the earth, lives darkly in my body.
I love you without knowing how, or when, or from where.
I love you straightforwardly, without complexities or pride;
so I love you because I know no other way
than this: where 'I' does not exist, nor 'you',
so close that your hand on my chest is my hand,
so close that your eyes close as I fall asleep.
hierdie man...

myne...

en ek syne...

vir ewig...

en altyd...
Even after all this time,
the sun never says to the earth,
"You owe me."
Look what happens with a love like that.
It lights the whole sky.
~Hafiz~

Kyk na hierdie oulike webwerf: iloveyoumorethanblank
en van die Washington post, mense se liedesverhale in 6 woorde
baie klink so negatief en ek dink my gunsteling was ook negatief bedoel:
"Marriage is a neverending slumber party"
MAAR ek hou van slumber parties, so vir my is dit 'n wonderlike gedagte.
ek hoop vir jou - liefde.
dankie Here, vir die genade van liefde
Friday, February 13, 2009
lag, dis Vrydag.
'n Oulike video, wat my laat dink het aan die hoofkarakter in die flieks Napoleon Dynamite en Mama's boy en ook op 'n bisarre manier aan die Yank!
Ja, my man lyk miskien nie so nerdy nie, maar hy weet hoe om my te laat lag, hy is kooky en sweet en cute, opvreetbaar so, met kuiltjies in sy wange, wat my kniee lam maak.
Aanlas 16/02/09:
Ek het gisteraand gedroom dat iemand my kamera by my probeer afvat, toe val die Yank hom aan met 'n paar karate skoppe. Die 'mugger' skop die Yank toe op sy skeen en die Yank val op sy maag en lag en lag.
Hy het daarna darem weer opgestaan en my toe verlos van my aanvaller.
Ja, my man laat my selfs lag in my drome!
Paul Newman se vrou Joanne Woodward, het gese:
wyse woorde.
Soos Napoleon Dynamite sou se: "Flippen sweet man."
groot verlang.
Ek onthou nog steeds die wonderlike, warm gevoel, waarmee ek al laggende wakker geword het.
Luister na Kings of convenience
met Homesick,
so mooi:
Thursday, February 12, 2009
blomme van Gaza
Aanhaling van die dag/week/jaar/eeu:
"Basically it is a Palestinian decision - whether they want to send flowers or rockets," Lerner said.
Wednesday, February 11, 2009
staar reuse in die gesig.
Die Yank en ek het hierdie ongelooflike mooi fliek gekyk die ander aand. Ja, trane het 'n paar keer oor ons albei se wange gestroom, terwyl ons dit gekyk het. Dit het iets diep binne ons albei aangeraak.
'n Paar van die situasies in die fliek is baie na aan ons eie omstandighede, so dit was persoonlik.
'n Wonderlike 'skoon' fliek met 'n ewige boodskap en dit se ek as iemand wat nie hou van 'soetsappige' Christen fiksie nie.
Hierdie fliek is gemaak met 'n baie klein budget deur 'n kerk, maar dit was goeie kwaliteit.
Ek raak deesdae moeg vir die vieslike gemors wat baie keer deur Hollywood uitgegee word.
Ek het ook 'n paar reuse om in die gesig te staar en soms vergeet ek dat dit moontlik is om dit te doen, dit was goed om herinner te word daaraan deur hierdie fliek.
Sunday, February 8, 2009
vlerkie

Wednesday, February 4, 2009
vriendskap
Dis alweer Februarie en hier is my Mucha kalender. Kyk hier na die res.
Die Mucha meisie het my laat dink aan my mooie vriendin in Engeland, wat einde verlede jaar getroud is met haar droom man. Sy is my maatjie, met wie ek soveel pret gehad het by die werk en in die koue strate van Oxford. Ons is absoluut teenoorgesteldes in baie opsigte, maar ons het groot vriende geraak en ek mis haar baie.
Ek kon nie by haar troue wees nie, so sy het vir my hierdie foto's gestuur, my mooie maatjie wat soos 'n beeldskone Bollywood aktrise lyk, ek moet met haar spog vandag.


Ek verlang na ons kuiers in Starbucks, waar ons gesels het oor werk, ons liefdes en baie ander dinge. Ons het ons mans op omtrent dieselfde tyd ontmoet en min het ons geweet dat ons albei 'n jaar later getroud sou wees, dat ek ver oor die oseaan sal bly en dat ons mekaar so min sal sien.
Ongelooflik hoe radikaal 'n mens se lewe kan verander in net 'n jaar.
I woke up laughing
Die ander oggend het ek al laggende wakker geword. Die Yank moes my vra wat dan aangaan, so hard het ek gelag.
Ek het gedroom dat ek by 'n troue is met my hele familie.
Die Yank het bloedrooi gekleurde hare gehad en my suster se hare was groen. Dit was 'n fantasie van my onderbewussyn, wat beter as ek weet, hoe vreeslik ek my familie mis.
Ek is vasgevang in 'n maalkolk van Amerikaanse burokrasie en redtape, met werkpermitte en die regte dokumente om hier te kan werk en aan die ander kant van die Atlantiese oseaan, is dit Afrika tyd, die tyd wat geen respek vir enige Westerling het nie, om my dokumentasie hier te kry.
Dit alles moet eers uitgewerk word, voordat ek ooit weer my voete in die stof van Afrika kan sit.
Het jy al ooit gevoel asof jy in 'n doolhof vasgekeer sit?
Monday, February 2, 2009
my liefsteling - the thought of you

Anniversary
Love, like friendship
Must be about something
Besides itself.
I love you, not for the sake of loving,
Nor for the sake of being loved,
But for the sake of the truths we share,
The joy of walking on the same secret road.
I love you, not out of my need for love,
But because of our common vision,
Our travels on the same quest.
We are collaborators, companions, allies,
Face to face and side by side.
I love you, not because love has survival value,
But because you are helping give value to survival.
I love you because you stand for yourself,
And I for myself,
And we are like sovereign princes of independent states,
On neutral ground,
Free of contexts and naked of surroundings.
No shadow of necessity, no burdensome duty
Oversees our love, nor constraint without reason.
We are free and equal as if we had met an hour ago,
While the affection and tenderness of years
Enfolds us.
I love you because in making this journey with you
I have seen you a thousand times
In fear, in anger, in sickness and in tears,
And still you ring true.
I love you, and you love me,
Because we bring out of each others depths
All that is best and wisest, and funniest,
And most exquisite.
Among all the spirits that roam our planet
We have found each other,
And we are lucky beyond measure and description
To be in such company.
–Susan De Vore
The thought of you...
music that fills my heart until it feels like bursting, the same way that your love and your words do.
mmm, ek sien die video is afgehaal en ek kry nie 'n ander een nie, so ek gaan hierdie een hier los.
Thank you, for a year of beauty, like I've never known before.
my hart sing tippy tippy tay, vir jou my hart













