Wednesday, February 10, 2010

leef opsetlik

*
.
soos ek alreeds tevore gese het
is my woord vir die jaar
eenvoud/'simplicity'
maar
'n ander woord trek aan my hartsnare
vir 'n paar weke alreeds
.
opsetlik of dan 'intentional'


.
dit is hoe ek wil leef
elke dag
elke uur
elke minuut
elke sekonde
wil ek


laat tel
ek wil he dit moet betekenis he
.
dit is 'n uitdaging vir my
want ek kan die tyd so laat verby gaan
sonder om daarna op te let
deur dit om te wens
deur dit te mors
.
so
.
in·ten·tion·al


.
Pronunciation: \in-ˈtench-nəl, -ˈten(t)-shə-nəl\
Function: adjective
Date: circa 1677
1 : done by intention or design : intended
2 a : of or relating to epistemological intention b : having external reference


.


sim·plic·i·ty


.


Pronunciation: \sim-ˈpli-sə-tē, -ˈplis-tē\
Function: noun
Date: 14th century
1 : the state of being simple, uncomplicated, or uncompounded
2 a : lack of subtlety or penetration : innocence, naiveté b : folly, silliness
3 : freedom from pretense or guile : candor
4 a : directness of expression : clarity b : restraint in ornamentation : austerity
a. Lack of sophistication or subtlety; naiveté.
b. Lack of good sense or intelligence; foolishness.
5.
a. Clarity of expression.
b. Austerity in embellishment.
.


my twee woorde


vir hierdie


jaar van 2010
.
.
.
*botaniese afdruk, wat ek nie meer kan onthou van waar nie

Monday, February 8, 2010

koekies en my mojo

mmmm, hoe sit mens die geur van koekies wat bak
op jou blog?
enige raad?
.
ja, ek is deesdae goed aan die bak en brou
hierdie is my skuimpies, of dan 'meringue'
van die ander aand
.



.
my eerste skuimpies ooit
ek is chuffed met myself!
.
nou sit ek hier met die geur
van koekies wat bak in die oond
'n hemelse geur
wat ek wil bottel
en uithaal
elke keer wanneer ek my mojo verloor het
resep van
hier
Ann gee vir mens voedsel vir jou siel ook
kyk bietjie rond daar by haar

.

ek dink dit is die rotskoekies
wat ek leer bak het in St 6
sal moet proe
wanneer dit klaar is

.

ek kan nie wag nie
mmm

Sunday, February 7, 2010

kiekies, nooit geneem nie

'n piepklein voeltjie wat op my hand rus, nadat sy teen die glasdeur vasgevlieg het en ek wat staan en wonder wat en hoe ek haar gaan voer om haar groot te kry, totdat sy met 'n paar vlerk klappies opvlieg uit my hand en in 'n palmboom gaan rus en ek luister na my hart wat klop doef, doef, doef...
.
gaan lees
hier
van nog
kiekies, nooit geneem nie
.
en waar die idee vandaan kom
.
.
.
.
.

Friday, February 5, 2010

vrydag, pffff

gisteraand
by die Bybelstudie
het ek so gesit en luister
na die ander vrouens
se stories oor hulle mans
en net weereens besef
dat al kom alles tot stilstand in my lewe
en al val alles uitmekaar
.
dat my man
die een konstante
goed
is in my lewe
elke dag
elke uur
elke minuut
elke sekonde
.
.
.
.

Thursday, February 4, 2010

verlore


my mojo is weg
.
o wag
is dit sy
daar langs die opwasbak?
.


.
nee, dis net chuckie
.
die snaaksie
deur vriende aan my man gegee
ek't haar in 'n kas gekry
na ons troue
.
daar langs die opwasbak
laat sy my wel lag
al kan sy dan nie my mojo
terug gee nie
.
ai, dit voel asof alles, alles in my lewe verkeerd is
dit is nou alles behalwe my huwelik
as dit nie was vir die Yank nie
het ek seker in 'n bondel bly le elke dag
.

ek sien dit gaan ook nie al dag goed met ander nie
se dit soveel beter as ek,
maar ek verstaan presies
ja, ek doen
.
woorde om aan vas te hou
.
.
as alles faal
is daar altyd Winnie the Pooh
.
in hierdie maand van harte
.
.
.

Wednesday, February 3, 2010

nog garlands

aaaa, ek is gek oor origami voeltjies, kyk na Snorkiesnork se fantastiese foto.
se my, hoekom vertaal Google 'garlands' as "guirlandes" of "slingel", dit klink glad nie reg of goed vir my nie hahaha.
ek sal maar bly by 'garlands.

Tuesday, February 2, 2010

'n viering en woorde wat lewe gee 14



.
vandag is ons twee jaar getroud
dit voel so kort
maar tog ook so lank
man van my hart
later in my lewe gevind
as wat ek ooit gedink het
ek sou
.
dankie Here
.
nou die dag is 'n vriendin se ma oorlede
haar ouers was oor die 60 jaar getroud
.
my man was tevore getroud
sy't hom gelos
na 14 jaar
hy was nooit genoeg vir haar nie
.
ek wil nog vir haar 'n dankie brief skryf
.
vir haar dankie se
dat hy vry is om myne te wees
vreugde na pyn
.
toe se my man die ander aand:

.

"I can't wait for the day that I will be married to you for longer than I've been married to anyone else"

.

my man

man van my hart

.

“If you live to be a hundred, I want to live to be a hundred minus one day so I never have to live without you."
- a.a. milne


.



.

kyk hier vir nog van my man se woorde wat lewe gee...



Monday, February 1, 2010

maand van harte en garlands


.

.


.

ek kan nie glo dat dit alweer Februarie is nie

iets wat my gelukkig maak om te sien

is vlaggies by vulstasies

hierdie is veral mooi

die foto's wys dit nie

maar die kleure is baie helder en baie mooi

dit en ander projekte wat die rondte doen op die blogs

het my geisnpireer

om 'garlands' te maak

en dit maak my gelukkig

'n going toutjie met krale en harte van vilt

bokant ons tafel

in die kombuis
.
.

.
vreugde
.
.
oeeeeeeee en as jy 'n iphone het
gaan kyk na
gratis
muurpapiere
.
geniet harte maand!

Friday, January 29, 2010

volmaan

ek is met die maan gepla
ek is gek oor die nag
en dit sluit natuurlik die maan ook in
vanaand gaan ons blykbaar die grootste en helderste maan
van die jaar sien
dit word genoem die "Full Wolf Moon"
blykbaar het elke volmaan 'n naam
ek het dit nie geweet nie
dit kom blykbaar van die 'Native Americans' af
kliek

en gaan lees oor die ander name
vir die volmaan
in die komende jaar
.

ek is so opgewonde
die maan is een van die dinge
wat my maag laat saam trek
van lekkerkry

.

Jan. 30, 1:18 a.m. EST -- Full Wolf Moon. Amid the zero cold and deep snows of midwinter, the wolf packs howled hungrily outside Indian villages. It was also known as the Old Moon or the Moon after Yule. In some tribes this was the Full Snow Moon; most applied that name to the next moon. The Moon will also arrive at perigee (it's closest point to Earth on its non-circular orbit) less than three hours later, at 4:04 a.m. EST at a distance of 221,577 mi. (356,593 km.) from Earth. So this is the biggest full moon of 2010. Very high ocean tides can be expected during the next two or three days, thanks to the coincidence of perigee with full moon.

.
ek gaan probeer
vir 'n foto
sal maar sien
wat gebeur
.

opgedateer:

gaan kyk HIER

hoe die 'Wolf moon' gelyk het

beter as wat ek dit ooit sou kon vasvang

Thursday, January 21, 2010

woorde wat lewe gee 13




.



"my love for you, is higher than the sky, deeper than the ocean, further than the East is from the West" die Yank se woorde terwyl ons ineengestringel op die bed le.
Ek is so geseend dat my man se 'liefdestaal' aanraking/fisiese kontak is, ek kry meer drukkies as enige iemand wat ek ken :)
.

kyk hier vir nog van my man se woorde wat lewe gee...


foto van Leef tydskrif se wonderlike muurpapier foto's.





Friday, January 15, 2010

nie genoeg woorde nie


dit kon ons gewees het
ons is 'n klein spikkel
daar skuins onder
Puerto Rico
ons is gemis
maar
.
Haiti (<.......kliek) nie
help as jy kan.......................................................>
.

hulle
doen goeie werk in Haiti
al die tyd
lees haar blog
.
en help as jy kan
hier

Wednesday, January 13, 2010

kiekies, nooit geneem nie

'n klein, bruin dogtertjie met twee vlegsels punt in die wind, al hardlopende voor haar ma uit, met uitgestrekte dun, breekbare armpies en 'n wye, wye, laggende mond en stralende gesig, soos net die gesig van 'n jong kind kan lyk wat nog nie die volle gewig van die wereld en haar probleme voel nie, net om ronde vet wit en bruin duiwe voor haar in die pad op te jaag, of was dit dalk om hulle te vang? aanskou vanuit 'n warm voertuig vasgevang in 'n verkeersknoop met die wens vir verlossing en om so onbevange te kan wees soos daardie klein, bruin dogtertjie...
.

soms is daar nie 'n kamera nie, die situasie is nie reg nie of iets gebeur net te vinnig, aangespoor deur die webwerf Unphotographable begin ek hier my eie 'kiekies, nooit geneem nie' reeks.
een van sy wonderlike "unphotographable moments":
"This is a picture I did not take of two young soldiers, a man and a woman, the former clean-shaven and the latter effervescent, both smiling and chatty while passing through an airport in their fatigues, their mood a stark contrast to the soldiers returning from battle who looked sleep-deprived at best, the couple breezy in their lightness, and as they were guided by a veteran to take an escalator up to the USO office, the young soldier turned and put his arm around the shoulder of the young woman in camouflage, and she turned to meet him as he pulled her close enough to kiss, and they met right in that middle, standing there as the escalator slowly lifted them into a future they could not know, their lips pressed together as if no one else would ever know this love, as if nothing else mattered. "

Friday, January 8, 2010

bootjie na kammaland

naweek
.

.
en dit is goed
.
ek kon die foto
groter gemaak het
maar dan kan julle
die stof
van Afrika af
sien op die skerm
voor die venster
en dit wil ek nie he nie
;)

awesomeness

soms vind ek 'n blog
wat my maag laat draaie maak
draaie van lekker kry
blogs wat voel of mens dit kan eet
soos die klapperys
van my kleindogtertjie dae
hier is twee wat ek onlangs gevind het

ek plaas hulle foto's
in lekkergoed pienk

want ek het mos deesdae 'n lus vir pienk

From me to you

kliek en gaan kyk na haar fantastiese foto's van rose en Spanish mos




Happy together
kyk na haar dierbare engel dogtertjie



hierdie pienk perd, vir haar niggie gemaak vir Kersfees!
is die perd nie fantasties nie????




o aarde, ek besef ek het dit erg
net twee weke gelede het ek met 'n naarte op my maag gewonder
waarom sommige bloggers
'pink Saturday' hou
ek gaan dit nie begin doen nie
gaan ek?
asb. se tog ek gaan nie....

Wednesday, January 6, 2010

hart seer

ek is deurskynend
.
ek kan na mense luister en kyk
.
en gewoonlik lyk dit nie asof hulle eens van my bestaan bewus is nie
so was dit weer gister
in die ellllllllelange tou by die bank
daar het ek gestaan
en moes luister na die tieners agter my
se sekskapades
.
hoe die een vir haar 'boyfriend' gevra het
of sy 'n aborsie moet kry of nie
en vele, vele meer
gans en al te veel inligting
op 'n dag wat ek eerder 'n stok in my oog sou verduur as om in 'n tou by die bank te staan,
'n tou wat ure vat
.
toe aanskou ek 'n sadistiese vrou
wat 'n ander vrou se klein seuntjie afknou
my bloed het gekook
sy was die tipiese 'volwasse' boelie
wat op kinders teer
want sy is te lafhartig om dit te probeer met ander volwassenes
of dit is dan hoe ek die situasie opgesom het
en nou vandag
is my hart seer
seer
omdat mense wat nie kinders 'verdien' nie
klein donker, krulkop seuntjies kry
of vir die pa van die groeiende wesentjie binne haar
vra wat hy verkies
aborsie of nie
.
dit help egter nie om te vra waarom nie
dan sit ek maar hier
en dink
en bid
en huil so 'n bietjie
en drink chai tee
uit my splinternuwe, hartroerende mooie rooskoppie
vanaf die tweedehandse winkel
selfs die teesakkie se tag is bemoedigend
.


.
veel meer bemoedigend as om te wonder
wat het die 'boyfriend' gese
oor die aborsie
en
waar is daardie
klein, donker, krulkopseuntjie
vandag
en wat gaan van hom word
hier op hierdie eiland
waar soveel jongmense
die pad van dwelmhandel en misdaad volg
.
.
.

3 Konings het gekom

.

Vandag word Three Kings day hier op die eiland gevier. Sommige mense noem dit .Epiphany ( lees hierdie baie interressante inskrywing oor die viering van die dag in Puerto Rico)Dit vier die dag waarop die drie wyse manne vir Jesus geskenke gegee het.
Hier by ons word dit groot gevier, seker omdat ons so naby aan Puerto Rico is en daar so baie Puerto Ricans hier woon.
Lees meer oor hierdie viering:

On January 5th, the feast of Epiphany's Eve, children place water and grass under their beds for the three wise men's (or the Three Kings, as they are better known locally) camels, and in return, the Three King's brings presents, which they leave under the bed, after the camels eat the grass. Children wake up early on January 6 ("Dia de Reyes") to check out what Baltazar, Melchor, and Gaspar left them. Epiphany commemorates the day in which the three wise men arrived bearing gifts for the Christ child. On this day, the Governor's Mansion in the capital of San Juan is opened to large crowds of wellwishers who are treated to toys, refreshments, and musical entertainment.

(dit laat my wonder of die Yank vir my ook iets onder die bed sal los? hehe, jammer hy is nie Puerto Rican nie!)
.


.

ek hou van hierdie nativity afbeelding


in die middel van ons winkelkompleks


met die hussle en bussle


van mense en karre


dit laat my altyd stilstaan


vir 'n paar minute


net om die rus


in te neem


die aanbidding op die gesigte


die moederliefde


en patos


op die gesig


van Maria


Jesus se moeder,


het sy geweet


wat wag?

.

.
en om af te sluit
gaan kyk weer

hier

na my sonsondergang foto


wat vir ons gelyk het soos die drie wyse manne


op reis na die Jesus kind
.
my gebed vandag is
dat ek in die hussle en bussle
van elke dag
sal onthou dat ek alreeds die grootste geskenk
ooit
ontvang het
en mag ek
in daardie verlossing
leef
elke dag
en dit is ook my gebed vir
JOU
.
.
.

Tuesday, January 5, 2010

vereenvoudig






.

.


.


.

.


.


.


.

.

toe kies my woord my
pleks van dat ek
dit kies
.
daar langs 'n ongewoon
wilde
Kaibbiese see
met sagte skakerings in pastel
met pelikane op reis na erens
.
daar word ek toe gekies
.
sim·pli·fy
Pronunciation: \ˈsim-plə-ˌfī\
Function: transitive verb
Inflected Form(s): sim·pli·fied; sim·pli·fy·ing
Etymology: French simplifier, from Medieval Latin simplificare, from simplus simple
Date: 1759
: to make simple or simpler: as a : to reduce to basic essentials b : to diminish in scope or complexity : streamline c : to make more intelligible : clarify
— sim·pli·fi·ca·tion \ˌsim-plə-fə-ˈkā-shən\ noun

— sim·pli·fi·er \ˈsim-plə-ˌfī(-ə)r\ noun
.
my woord
vir
2010
.
laas jaar het die woord
'vlieg/fly'
my gekies
hoe van pas
dat
dit weerspieel
is in die manier waarop
'vereenvoudig'
my gekies
het hierdie jaar
.
het JY 'n woord
'n sin
'n gedagte?
.
.
.
.

Monday, January 4, 2010

kan nog nie vorentoe nie

moet eers terugkyk en dit in Ingils,
erens op iemand se blog gekry...




Reflection Questions for 2009

1. What was the single best thing that happened this past year?
I completed the scuba diving course!

2. What was the single most challenging thing that happened?
'patiently' waiting for nursing paperwork

3. What was an unexpected joy this past year?
Art journaling!

4. What was an unexpected obstacle?
I never thought I'll have to wait so long to get certified as a nurse

5. Pick three words to describe 2009.
fly!
joy!
struggle!

6. Pick three words your spouse would use to describe your 2009 (don’t ask them; guess based on how you think your spouse sees you).
creative
love
challenge

7. Pick three words your spouse would use to describe their 2009 (again, without asking).
love
hard work
challenge


8. What were the best books you read this year?
mmmm

9. With whom were your most valuable relationships?
my husband
the ladies from Biblestudy
my one newfound precious friend

10. What was your biggest personal change from January to December of this past year?
continues quest to be patient and to be dependent on my husband

11. In what way(s) did you grow emotionally?
relying more on God than on female friends

12. In what way(s) did you grow spiritually?
I made peace with some of the struggles from my past
Started spending time with God, with my husband on a regular bases, awesome!

13. In what way(s) did you grow physically?
oops, gained too many pounds since I got married

14. In what way(s) did you grow in your relationships with others?
closer to my husband
but so much further from other people, a great struggle for me

15. What was the most enjoyable area of managing your home?
cooking
decorating, making our little house a home

16. What was your most challenging area of home management?
I can't think of anything

17. What was your single biggest time waster in your life this past year?
the internet!!

18. What was the best way you used your time this past year?
building my relationship with my husband


19. What was the biggest thing you learned this past year?
you can not allow yourself to worry about how other people see you, or what they are thinking about you, often people consentrate so much on themselves that they don't even think about you.

20. Create a phrase or statement that describes 2009 for you.
Introversion ( is that even a word...)
in other words, curling up inside myself...

Life’s challenges are not supposed to paralyze you, they’re supposed to help you discover who you are.
~Bernice Johnson
.
en nou 2010
hier kom ek
.
.

Friday, January 1, 2010

'n nuwe dag

toe word ek wakker met die seerste, seerste kop
ooit
hierdie more
heeldag in die bed
met warm en koud afgewissel vir verligting
.
ek wou nog fokus op die ou jaar
ondersoek en kyk wat was goed en wat was sleg
maar toe moet ek veg teen die sleg in my lyf
.
sal maar ondersoek
'n ander dag
.
'n prentjie van die .

blou maan wat bo ons koppe gehang het
laasnag
met die aanbreek van 'n nuwe dekade
in hierdie millenium
.
net 'n dowwe prentjie
maar myne
in 'n wonderskone nag, so helder soos die dag
in die jacuzzi
onder die naghemel
met my Yank
.



en



'n prentjie
vanaf ons voorstoep
mis in die vallei
met die olieraffinadery, die see en 'n skip in die verte
.
die aanbreek van 'n nuwe dag
in 'n nuwe jaar
in 'n nuwe dekade
.
elke dag wat wag
gryp die dag
.
.
my woord vir die jaar
nog nie mooi
gekies nie
"present"
of
"be"
gewoonlik kies die woord homself
ek sal wag en sien
.



gaan kyk na foto's van Nuwejaar oor die wereld:


The big picture

Thursday, December 31, 2009

nog 'n dekade


"To travel back in time to 1999, you have to start by shedding a few things, as though you’re going through airport security. No iPod. No smartphone. No YouTube. No Facebook. No Twitter. In 1999, the Internet was shiny-new and just out of the box"
kliek op die woorde en lees nog meer interressanthede...
.
hierdie komende jaar gaan ek gryp met beide hande
en die rooi strik afskeur
en elke geleentheid gebruik
en elke oomblik leegsuig
dankie Here
vir tweede kanse
en derde kanse
en nog baie meer
.
.

.
nog 'n dekade
nog 'n geskenk
.
'n Voorspoedige jaar
vir jou
wens ek toe
.
.