Monday, July 21, 2008

Ek is mededeelsaam vandag!

Toe raak ek verstrengeld in die lees van ander mense se blogs vir 'n paar dae en vergeet skoon van my eie. Ek het nog altyd op myspace geblog en dit in Engels, toe ontdek ek die Afrikaanse blog wereld en dink, ah, ek wou nog altyd in my eie taal iets doen, so laat ek begin. Ek is egter geskok oor al die argumente en onmin en slegte gevoelens in die blog wereld, en nou se ek ook nie dat dit nie in die res van die wereld gebeur nie, maar ek het nog altyd meer van die 'kunste' blogs bekyk en daar gebeur selde wat in die blog wereld van menings en opinies gebeur.
Ek moet se, dit is 'n wereld wat ek liewer nie deel van wil wees nie.
Moenie dink ek hou nie van 'n goeie argument of debat nie, maar die persoonlike aanvalle en die kleinlikheid en kinderagtigheid wat ek die afgelope paar dae raak gelees het sit my skoon af!
Daar is soveel lelik in hierdie wereld, hoekom moet ons dit nog meer maak?!

Nou ja, dis my se gese, nou wil ek graag ietsie deel met al my maatjies hier rond!





Vandag gaan ek als wat ek te veel van het met my maatjies deel.

Hier's my lysie, pick jou geskenk:

Selluliet, vet, pap pensvel, skuld, worries,

hang boobs, breë boude en vet flabby arms.

Hoop jy kon ietsie kry waarvan jy hou!!!

Moenie skaam wees nie, vat genoeg!!!


Ek is ernstig, ek het so baie, help julleself! :)