Tuesday, July 15, 2008

Ek kap 'n depro.. :(

Gepos op Vrydag 18 Julie, nie 15 Julie soos die pos se nie!

Ai tog, ek lees so rond op die web en dis net moord en doodslag.
Iemand se geliefde ouma word gevind waar sy in haar tuintjie le met haar gesig in die modder, kinders word verkrag.
Dit gaan al slegter in Suid-Afrika en daar is selfs sprake van 'n resessie teen die einde van die jaar..
Die arme mense in Zimbabwe, my sus maak ons die ander more 3uur wakker met 'n sms om te bid, want dit gaan swaar daar!
My vriende in Engeland kla dinge raak al duurder daar en hier kla tot die Amerikaners oor stygende petrolpryse, sien hulle was mos altyd bederf en nou wil almal van hulle SUV's ontslae raak!

Ek sit toe vanoggend hier in die huis en mind my eie besigheid toe ek ons voordeur hoor oopgaan. Ek sit eers gevries en wonder of ek reg gehoor het, en net toe ek opstaan toe sien ek 'n arm en hand om die deur kom! Ook nie lank nie toe verskyn die dreadlocks ook!
Ek het so groot geskrik, maar gelukkig het hy groter as ek geskrik, hy het net 'n geluid geuiter en toe laat wiel hy uit die huis uit en hier teen die bult af, oor die lee erf voor ons huis!
I.e.g dit is nie 'n lekker gevoel wanneer jou privaatheid binne gedring word nie en ek is steeds woedend dat hy dink hy het die reg om in iemand anders se huis in te gaan en te vat wat hy wil!

So, sulke dinge gebeur selfs hier waar meeste mense die plek as 'n paradys beskou. Gelukkig het ek net op 'n ligte manier met die crime hier te doen gekry, maar ek is steeds so kwaad, hoe moet ander mense wat geliefdes verloor of self aangeraak word nie voel nie?
Toe ek hier op die eiland aan gekom het, het ek gedink die Yank is paranois, omdat hy nie sommer na enige strand toe gaan nie, maar ek besef al hoe meer hoekom nie!

So, nou wonder ek, wat se hoop het ons vir hierdie wereld? Hoekom kan ons nie in vrede saam leef en probeer om 'n beter plek hiervan te maak nie.

Hierdie video het ek die ander dag gesien en dit het my laat dink oor die mooiheid maar ook die boosheid van die mens...



Ja, ek wonder en ek scroll maar na die onderpunt van my blog en bars die bubbels om die stres te verlig.....