Monday, September 1, 2008

New Orleans/niks nuuts onder die son nie





Grafitti deur Banksy gedoen in New Orleans.
Ek is gek oor sy werk en het 'n boek gehad oor dit, maar het dit in Engeland gelos, toe ek holderstebolder hierheen getrek het, hoe sé hulle, spyt kom altyd te laat.
Kliek op die foto's om detail te sien en te lees wat Banksy sé...
Ek kyk hierna, terwyl die mense van New Orleans weereens geteister word deur 'n orkaan, genaamd Gustav, wat darem intussen terug verander het na 'n Tropiese storm.

Interressant genoeg, word daar reeds name gekies vir die verskillende orkane, lank voordat dit plaas vind. My naam kom ook voor op die lys, die Yank se antwoord, toe ek vra hoe hulle besluit op die name? Hulle kies glo die name van mense wat 'n pyn in die g*t was daardie jaar...
Hy is eintlik wonderlik, glo my, lees sy woorde wat lewe gee.

Lees by Tropical twister, hoe hulle werklik die name kies. 'n Lys name word geroteer oor 6 jaar en word dus oor en oor gebruik, behalwe wanneer 'n orkaan verskriklik verwoestend was, dan word die naam van die lys afgehaal en nooit weer gebruik nie.
Natuurlik het mense weer rede gekry om te kla ook, gaan lees in die Daily redundancy, van die siviele regte groep wat geprotesteer het omdat 'African American' name nie voorkom in die lys nie...
Wil jy nou meer, wie wil nou 'n orkaan na hom vernoem hé?
My vriende hier dink dit is baie snaaks dat ek 'n regte egte 'African American' gaan wees, wanneer ek uiteindelik burgerskap kry.
Iets wat ek nooit wou doen nie, was om 'n Amerikaanse burger te word, vreemd hoe die lewe snaakse paadjies met ons vat...