Wednesday, September 3, 2008

sout van die aarde ouers




Ek het alreeds tevore genoem dat ek nooit in my wildste drome gedink het dat ek ooit 'n Amerikaner sal word of enigsins een sou WOU word nie.
Die lewe loop egter vreemde paaie met 'n mens en deesdae is ek in die proses van presies dit. Ek was nooit vreeslik erg oor Amerikaners nie, het gedink dat hulle sommer ou grootbekke is, wat altyd dink dat hulle beter is as ander.

Die Yank het vir my begin skryf en ek het gedink, okay, ek sal terug skryf en my mooi gedra en nie praat of baklei, oor Bush en die oorlog in Irak nie, net oor boeke en fliek en wéreldreise praat. Hy het egter gou agter gekom hoe die wind waai, hy sé dat hy op 'n stadium gedink het, mmmm, sy hou nie baie van Amerikaners nie...

Gelukkig het die man uithouvermoé en het hy maar deurgedruk en aangehou skryf! Gou was ek beindruk met sy geloof in God, waardes, talente, siening van die wéreld, humorsin, belesenheid en beresenheid. Sy eposse was vol met van die mooiste woorde wat ek al gehoor het, ek het elkeen gehou en probeer hom steeds aanmoedig om 'n boek te skryf.
Ja, ek was so beindruk dat ek na die ander kant van die wéreld getrek het en dus nou besig is om 'n Amerikaner te word.

Hier sien ek 'n sy van Amerikaners wat ek nooit oor gedink het nie, ek kry te doen met elke dag se mense, die sout van die aarde, nie die liberale Hollywood tipe, die anti-oorlog, pro-aborsie linksgesindes nie, maar elke dag se mense wat die pot aan die kook probeer hou en klere aan hulle kinders se lywe wil sien.
Ek het hier geleer hoe na aan die Afrikaner kultuur hulle is, en nou praat ek ook nie van die vreeslike konserwatiewe regsgesindes wat dikwels neig na rasisme nie. Ek praat van eevoudige, goeie mense, wat vir elkeen'n plekkie in die son gun, natuurlik weet ek niemand is volmaak nie, maar 'n mens moet érens begin.

So, waar gaan ek heen met die relaas, 'n ander ding wat ek nooit wou doen nie, is om politiek te praat op my blog...
Ek, soos die hele wéreld het die storie oor Sarah Palin, die nuwe visie president kandidaat van McCain met gretige oé gevolg die afgelope week. Wat ek sien is 'n plat op die aarde vrou, 'n ma, 'n Christen, iemand met hoé waardes en iemand om te respekteer. 'n Vrou wat nie haar abnormale swangerskap beeindig het nie en wat haar swanger, ongetroude, tienderjarige dogter ondersteun. Iemand wat kan veg vir Jan Alleman.

Toe, met my lees op die net oor haar, kom ek op hierdie artikel af, dit handel oor haar ouers en ek het dit so geniet, dat ek dit moes deel. Hulle laat my so baie dink aan my eie ouers en ook aan my skoonouers.
Plat op die aarde mense, sonder pretensie, wat hulle kinders groot gemaak het na, aan die natuur en met goeie waardes.
Natuurlik sal enigiemand iets kry in die artikel waarvan hulle nie hou nie, ekself ondersteun nie die feit dat haar pa 'n jagter is nie, want ek is 'n vegetarier, maar dit maak nie van hom 'n slegte mens nie.
Ek moes lag oor die bumper sticker wat hy glo tevore op sy ou trok gehad het:

VEGETERIANISM:
Indian, for a bad hunter...


Sien, toe praat ek toe tog politiek en die Yank lag vir my, want ek is meer begeester en obsessief met Amerikaanse politiek as wat hy is.

Foto's en artikel oor Sarah Palin se ouers, hier.