Monday, December 22, 2008

kersfees tuiste

Welkom in ons huisie!
Ek het 'n paar foto's van ons kersversierings vandag. Ek moet myself altyd inhou, om nie te veel geld te spandeer op versierings nie en vandat ek al die mooi goed in mense se huise sien, deur hulle blogs, is dit nog erger.
Ek probeer ook altyd onthou waaroor kersfees regtig gaan.
So, kom binne!

Ek het gedroogde lemoene met naeltjies aan die gordyn stok gehang, by die voordeur, met wit en rooi, houtversierings wat Skandinawies lyk vir my.
Ek hou nogal van my lemmetjiegroen gordyne, so saam met die rooi. Volgende jaar sal ek 'n Somer kersfees hou, met eiland versierings, maar hierdie jaar, verlang ek nog na die koue in Europa.

Ek het hierdie opeetbaar oulike kersboom kers gekry vir baie goedkoop, ek dink daaraan om terug te gaan en meer te koop vir vriendinne vir kersgeskenke


Ek het sommer twee groot servette gebruik om die tafel in die kombuis feestelik te laat lyk. Ek hou baie van die wit en rooi saam, miskien gaan ek sommer die kombuis rooi los van nou af.


Gips en spieel engeltjie en duif voor die kombuis venster.


Ons, baie 'messy' kersboom, ek het al die versierings wat ek al ooit gekry het ( behalwe die wat nog in Suid-Afrika weg gepak is) daaraan gehang. Ek het in die vorige inskrywing vertel van my vriendin se netjiese boom met withuis versierings, wel myne is 'n warboel van allerhande tipes versierins, maar ek is mal daaroor.
Dit is my eerste rerige kersboom ooit, dit maak my baie bly!
Kyk die Yank se kerskous, ook die eerste vir my.


Hierdie handoek en waslap is vir my so mooi, 'n gemmerbroodmannetjie en 'n Hansie en Grietjie koek en lekkergoed huisie! Die Yank waag dit darem nie om sy hande daaraan af te droog nie.
Roomkleurige handoeke en mans gaan mos nie juis saam nie.
My rowwe, hout, klip en glas kruis van Nieu-Beteshda, teen die muur.



Hierdie is my enigste 'nativity scene', dit is 'n baie klein glas versiering, wat ek verlede jaar as 'n geskenk gekry het en ek is so gek daaroor. Ek wil baie graag 'n nativity scene he en wil kyk of hulle dit goedkoop uitverkoop na kersfees.


Kersfees het my onverhoeds gevang hierdie jaar, ek dink dit is omdat ek nie meer gewoond is aan warm weer in Desember nie.
Volgende jaar sal ek vroeer begin en meer versierings en geskenke maak.
Ek wil baie graag meer versierings he, wat ons sal herinner aan Jesus se geboorte wat ons vier. Ek het ook nie advent kerse of 'n advent kalender hierdie jaar nie, ek hoop om dit volgende jaar te he.
Meer foto's van die eiland met kersfees sal volg.