Monday, January 5, 2009

muis in die huis


Die klein karnallie het twee piepklein gaatjies gevreet in elke hoek van die sif voor ons kamervenster.
Nou en dan sien ons me. Muis die huis binnesluip uit die hoeke van ons oe. Ek voel te aardig om haar in 'n muisvalletjie te vang. Ek kan nie daardie klapgeluid vat en die gedagte dat ek haar dood veroorsaak het nie en wat as sy ly? O nee goeie aarde, dit kan ek nie doen nie.
Ons het nou al gewonder wat ons kan doen wat menslik sal wees.
Vanoggend toe sien ek hierdie oulike 'kunstige' muisvalletjies, wat ook nie die muis sal beseer nie.
Ek dink egter nie almal sal werk nie...
Kyk hier hoe oulik.
Enige raad?