Tuesday, January 6, 2009

my woord


Fly!

Ek het so rondgelees op die kuns blogs die afgelope dae en baie van hulle het 'n spesiale woord gekies wat hulle as hulle motto sien vir 2009.
Dit is nogal moeilik vir my, daar is so baie goeies en gepastes.
Ek het egter op die woord VLIEG besluit, maar ek sal dit meestal in Engels gebruik, want dit is korter en lyk ook vir my mooier.
Hierdie jaar gaan ek soek na my vlerke.
Letterlik en figuurlik is dit my jaar vir vlieg.
Wat is jou woord?