Friday, February 13, 2009

lag, dis Vrydag.

Nog musiek van Kings of convenience.
'n Oulike video, wat my laat dink het aan die hoofkarakter in die flieks Napoleon Dynamite en Mama's boy en ook op 'n bisarre manier aan die Yank!



Ja, my man lyk miskien nie so nerdy nie, maar hy weet hoe om my te laat lag, hy is kooky en sweet en cute, opvreetbaar so, met kuiltjies in sy wange, wat my kniee lam maak.
Aanlas 16/02/09:
Ek het gisteraand gedroom dat iemand my kamera by my probeer afvat, toe val die Yank hom aan met 'n paar karate skoppe. Die 'mugger' skop die Yank toe op sy skeen en die Yank val op sy maag en lag en lag.
Hy het daarna darem weer opgestaan en my toe verlos van my aanvaller.
Ja, my man laat my selfs lag in my drome!

Paul Newman se vrou Joanne Woodward, het gese:
"Sexiness wears thin after a while and beauty fades, but to be married to a man who makes you laugh every day, ah, now that's a real treat.".

wyse woorde.

Soos Napoleon Dynamite sou se: "Flippen sweet man."