Friday, January 29, 2010

volmaan

ek is met die maan gepla
ek is gek oor die nag
en dit sluit natuurlik die maan ook in
vanaand gaan ons blykbaar die grootste en helderste maan
van die jaar sien
dit word genoem die "Full Wolf Moon"
blykbaar het elke volmaan 'n naam
ek het dit nie geweet nie
dit kom blykbaar van die 'Native Americans' af
kliek

en gaan lees oor die ander name
vir die volmaan
in die komende jaar
.

ek is so opgewonde
die maan is een van die dinge
wat my maag laat saam trek
van lekkerkry

.

Jan. 30, 1:18 a.m. EST -- Full Wolf Moon. Amid the zero cold and deep snows of midwinter, the wolf packs howled hungrily outside Indian villages. It was also known as the Old Moon or the Moon after Yule. In some tribes this was the Full Snow Moon; most applied that name to the next moon. The Moon will also arrive at perigee (it's closest point to Earth on its non-circular orbit) less than three hours later, at 4:04 a.m. EST at a distance of 221,577 mi. (356,593 km.) from Earth. So this is the biggest full moon of 2010. Very high ocean tides can be expected during the next two or three days, thanks to the coincidence of perigee with full moon.

.
ek gaan probeer
vir 'n foto
sal maar sien
wat gebeur
.

opgedateer:

gaan kyk HIER

hoe die 'Wolf moon' gelyk het

beter as wat ek dit ooit sou kon vasvang

Thursday, January 21, 2010

woorde wat lewe gee 13




.



"my love for you, is higher than the sky, deeper than the ocean, further than the East is from the West" die Yank se woorde terwyl ons ineengestringel op die bed le.
Ek is so geseend dat my man se 'liefdestaal' aanraking/fisiese kontak is, ek kry meer drukkies as enige iemand wat ek ken :)
.

kyk hier vir nog van my man se woorde wat lewe gee...


foto van Leef tydskrif se wonderlike muurpapier foto's.





Friday, January 15, 2010

nie genoeg woorde nie


dit kon ons gewees het
ons is 'n klein spikkel
daar skuins onder
Puerto Rico
ons is gemis
maar
.
Haiti (<.......kliek) nie
help as jy kan.......................................................>
.

hulle
doen goeie werk in Haiti
al die tyd
lees haar blog
.
en help as jy kan
hier

Wednesday, January 13, 2010

kiekies, nooit geneem nie

'n klein, bruin dogtertjie met twee vlegsels punt in die wind, al hardlopende voor haar ma uit, met uitgestrekte dun, breekbare armpies en 'n wye, wye, laggende mond en stralende gesig, soos net die gesig van 'n jong kind kan lyk wat nog nie die volle gewig van die wereld en haar probleme voel nie, net om ronde vet wit en bruin duiwe voor haar in die pad op te jaag, of was dit dalk om hulle te vang? aanskou vanuit 'n warm voertuig vasgevang in 'n verkeersknoop met die wens vir verlossing en om so onbevange te kan wees soos daardie klein, bruin dogtertjie...
.

soms is daar nie 'n kamera nie, die situasie is nie reg nie of iets gebeur net te vinnig, aangespoor deur die webwerf Unphotographable begin ek hier my eie 'kiekies, nooit geneem nie' reeks.
een van sy wonderlike "unphotographable moments":
"This is a picture I did not take of two young soldiers, a man and a woman, the former clean-shaven and the latter effervescent, both smiling and chatty while passing through an airport in their fatigues, their mood a stark contrast to the soldiers returning from battle who looked sleep-deprived at best, the couple breezy in their lightness, and as they were guided by a veteran to take an escalator up to the USO office, the young soldier turned and put his arm around the shoulder of the young woman in camouflage, and she turned to meet him as he pulled her close enough to kiss, and they met right in that middle, standing there as the escalator slowly lifted them into a future they could not know, their lips pressed together as if no one else would ever know this love, as if nothing else mattered. "

Friday, January 8, 2010

bootjie na kammaland

naweek
.

.
en dit is goed
.
ek kon die foto
groter gemaak het
maar dan kan julle
die stof
van Afrika af
sien op die skerm
voor die venster
en dit wil ek nie he nie
;)

awesomeness

soms vind ek 'n blog
wat my maag laat draaie maak
draaie van lekker kry
blogs wat voel of mens dit kan eet
soos die klapperys
van my kleindogtertjie dae
hier is twee wat ek onlangs gevind het

ek plaas hulle foto's
in lekkergoed pienk

want ek het mos deesdae 'n lus vir pienk

From me to you

kliek en gaan kyk na haar fantastiese foto's van rose en Spanish mos




Happy together
kyk na haar dierbare engel dogtertjie



hierdie pienk perd, vir haar niggie gemaak vir Kersfees!
is die perd nie fantasties nie????




o aarde, ek besef ek het dit erg
net twee weke gelede het ek met 'n naarte op my maag gewonder
waarom sommige bloggers
'pink Saturday' hou
ek gaan dit nie begin doen nie
gaan ek?
asb. se tog ek gaan nie....

Wednesday, January 6, 2010

hart seer

ek is deurskynend
.
ek kan na mense luister en kyk
.
en gewoonlik lyk dit nie asof hulle eens van my bestaan bewus is nie
so was dit weer gister
in die ellllllllelange tou by die bank
daar het ek gestaan
en moes luister na die tieners agter my
se sekskapades
.
hoe die een vir haar 'boyfriend' gevra het
of sy 'n aborsie moet kry of nie
en vele, vele meer
gans en al te veel inligting
op 'n dag wat ek eerder 'n stok in my oog sou verduur as om in 'n tou by die bank te staan,
'n tou wat ure vat
.
toe aanskou ek 'n sadistiese vrou
wat 'n ander vrou se klein seuntjie afknou
my bloed het gekook
sy was die tipiese 'volwasse' boelie
wat op kinders teer
want sy is te lafhartig om dit te probeer met ander volwassenes
of dit is dan hoe ek die situasie opgesom het
en nou vandag
is my hart seer
seer
omdat mense wat nie kinders 'verdien' nie
klein donker, krulkop seuntjies kry
of vir die pa van die groeiende wesentjie binne haar
vra wat hy verkies
aborsie of nie
.
dit help egter nie om te vra waarom nie
dan sit ek maar hier
en dink
en bid
en huil so 'n bietjie
en drink chai tee
uit my splinternuwe, hartroerende mooie rooskoppie
vanaf die tweedehandse winkel
selfs die teesakkie se tag is bemoedigend
.


.
veel meer bemoedigend as om te wonder
wat het die 'boyfriend' gese
oor die aborsie
en
waar is daardie
klein, donker, krulkopseuntjie
vandag
en wat gaan van hom word
hier op hierdie eiland
waar soveel jongmense
die pad van dwelmhandel en misdaad volg
.
.
.

3 Konings het gekom

.

Vandag word Three Kings day hier op die eiland gevier. Sommige mense noem dit .Epiphany ( lees hierdie baie interressante inskrywing oor die viering van die dag in Puerto Rico)Dit vier die dag waarop die drie wyse manne vir Jesus geskenke gegee het.
Hier by ons word dit groot gevier, seker omdat ons so naby aan Puerto Rico is en daar so baie Puerto Ricans hier woon.
Lees meer oor hierdie viering:

On January 5th, the feast of Epiphany's Eve, children place water and grass under their beds for the three wise men's (or the Three Kings, as they are better known locally) camels, and in return, the Three King's brings presents, which they leave under the bed, after the camels eat the grass. Children wake up early on January 6 ("Dia de Reyes") to check out what Baltazar, Melchor, and Gaspar left them. Epiphany commemorates the day in which the three wise men arrived bearing gifts for the Christ child. On this day, the Governor's Mansion in the capital of San Juan is opened to large crowds of wellwishers who are treated to toys, refreshments, and musical entertainment.

(dit laat my wonder of die Yank vir my ook iets onder die bed sal los? hehe, jammer hy is nie Puerto Rican nie!)
.


.

ek hou van hierdie nativity afbeelding


in die middel van ons winkelkompleks


met die hussle en bussle


van mense en karre


dit laat my altyd stilstaan


vir 'n paar minute


net om die rus


in te neem


die aanbidding op die gesigte


die moederliefde


en patos


op die gesig


van Maria


Jesus se moeder,


het sy geweet


wat wag?

.

.
en om af te sluit
gaan kyk weer

hier

na my sonsondergang foto


wat vir ons gelyk het soos die drie wyse manne


op reis na die Jesus kind
.
my gebed vandag is
dat ek in die hussle en bussle
van elke dag
sal onthou dat ek alreeds die grootste geskenk
ooit
ontvang het
en mag ek
in daardie verlossing
leef
elke dag
en dit is ook my gebed vir
JOU
.
.
.

Tuesday, January 5, 2010

vereenvoudig






.

.


.


.

.


.


.


.

.

toe kies my woord my
pleks van dat ek
dit kies
.
daar langs 'n ongewoon
wilde
Kaibbiese see
met sagte skakerings in pastel
met pelikane op reis na erens
.
daar word ek toe gekies
.
sim·pli·fy
Pronunciation: \ˈsim-plə-ˌfī\
Function: transitive verb
Inflected Form(s): sim·pli·fied; sim·pli·fy·ing
Etymology: French simplifier, from Medieval Latin simplificare, from simplus simple
Date: 1759
: to make simple or simpler: as a : to reduce to basic essentials b : to diminish in scope or complexity : streamline c : to make more intelligible : clarify
— sim·pli·fi·ca·tion \ˌsim-plə-fə-ˈkā-shən\ noun

— sim·pli·fi·er \ˈsim-plə-ˌfī(-ə)r\ noun
.
my woord
vir
2010
.
laas jaar het die woord
'vlieg/fly'
my gekies
hoe van pas
dat
dit weerspieel
is in die manier waarop
'vereenvoudig'
my gekies
het hierdie jaar
.
het JY 'n woord
'n sin
'n gedagte?
.
.
.
.

Monday, January 4, 2010

kan nog nie vorentoe nie

moet eers terugkyk en dit in Ingils,
erens op iemand se blog gekry...




Reflection Questions for 2009

1. What was the single best thing that happened this past year?
I completed the scuba diving course!

2. What was the single most challenging thing that happened?
'patiently' waiting for nursing paperwork

3. What was an unexpected joy this past year?
Art journaling!

4. What was an unexpected obstacle?
I never thought I'll have to wait so long to get certified as a nurse

5. Pick three words to describe 2009.
fly!
joy!
struggle!

6. Pick three words your spouse would use to describe your 2009 (don’t ask them; guess based on how you think your spouse sees you).
creative
love
challenge

7. Pick three words your spouse would use to describe their 2009 (again, without asking).
love
hard work
challenge


8. What were the best books you read this year?
mmmm

9. With whom were your most valuable relationships?
my husband
the ladies from Biblestudy
my one newfound precious friend

10. What was your biggest personal change from January to December of this past year?
continues quest to be patient and to be dependent on my husband

11. In what way(s) did you grow emotionally?
relying more on God than on female friends

12. In what way(s) did you grow spiritually?
I made peace with some of the struggles from my past
Started spending time with God, with my husband on a regular bases, awesome!

13. In what way(s) did you grow physically?
oops, gained too many pounds since I got married

14. In what way(s) did you grow in your relationships with others?
closer to my husband
but so much further from other people, a great struggle for me

15. What was the most enjoyable area of managing your home?
cooking
decorating, making our little house a home

16. What was your most challenging area of home management?
I can't think of anything

17. What was your single biggest time waster in your life this past year?
the internet!!

18. What was the best way you used your time this past year?
building my relationship with my husband


19. What was the biggest thing you learned this past year?
you can not allow yourself to worry about how other people see you, or what they are thinking about you, often people consentrate so much on themselves that they don't even think about you.

20. Create a phrase or statement that describes 2009 for you.
Introversion ( is that even a word...)
in other words, curling up inside myself...

Life’s challenges are not supposed to paralyze you, they’re supposed to help you discover who you are.
~Bernice Johnson
.
en nou 2010
hier kom ek
.
.

Friday, January 1, 2010

'n nuwe dag

toe word ek wakker met die seerste, seerste kop
ooit
hierdie more
heeldag in die bed
met warm en koud afgewissel vir verligting
.
ek wou nog fokus op die ou jaar
ondersoek en kyk wat was goed en wat was sleg
maar toe moet ek veg teen die sleg in my lyf
.
sal maar ondersoek
'n ander dag
.
'n prentjie van die .

blou maan wat bo ons koppe gehang het
laasnag
met die aanbreek van 'n nuwe dekade
in hierdie millenium
.
net 'n dowwe prentjie
maar myne
in 'n wonderskone nag, so helder soos die dag
in die jacuzzi
onder die naghemel
met my Yank
.



en



'n prentjie
vanaf ons voorstoep
mis in die vallei
met die olieraffinadery, die see en 'n skip in die verte
.
die aanbreek van 'n nuwe dag
in 'n nuwe jaar
in 'n nuwe dekade
.
elke dag wat wag
gryp die dag
.
.
my woord vir die jaar
nog nie mooi
gekies nie
"present"
of
"be"
gewoonlik kies die woord homself
ek sal wag en sien
.



gaan kyk na foto's van Nuwejaar oor die wereld:


The big picture

Thursday, December 31, 2009

nog 'n dekade


"To travel back in time to 1999, you have to start by shedding a few things, as though you’re going through airport security. No iPod. No smartphone. No YouTube. No Facebook. No Twitter. In 1999, the Internet was shiny-new and just out of the box"
kliek op die woorde en lees nog meer interressanthede...
.
hierdie komende jaar gaan ek gryp met beide hande
en die rooi strik afskeur
en elke geleentheid gebruik
en elke oomblik leegsuig
dankie Here
vir tweede kanse
en derde kanse
en nog baie meer
.
.

.
nog 'n dekade
nog 'n geskenk
.
'n Voorspoedige jaar
vir jou
wens ek toe
.
.

Wednesday, December 30, 2009

ek onthou

'n paar van die dinge van Desember
wat ek wil onthou

neute
koekies
kersversierings
die reuk van speserye
'n nativity in die winkelkompleks
'n nommerplaat aan 'n onbekende se kar
liggies aan 'n huis
candy canes
dennebolle
carolers
blomme
vreugde
Jesus
rus
.
lig van die wereld
.
.

pienk verskrik

wel, wel
wie sou dit nou kon dink
ek is deesdae pienk verskrik
'n kleur wat ek nooit regtig van gehou het nie
gee my groen of oranje
nie blou of pienk nie
.
maar deesdae word ek al hoe meer aangetrek na hierdie twee kleure
.
allerhande goeters
in soetgoed pienk
en babablou
.


.
van links bo
na regs onder
.
~die malse blomme prag op ons eiland op die oomblik
~my nuwe (tweedehandse) kussingslope wat deesdae al te fraai blom
~selfs die Kersliggies in die strate word oorgeneem deur pienk rankplante
~malse wolke in skakerings van pienk soos spookasem by die Kermis
~vanilla roomys en vars aarbeie, saamgeklits in die versapper
~my nuwe (tweedehandse) teepot met die mooiste pienk roos
.
ek het die tweedehandse winkels ontdek
hier op die eiland
en dis 'n fees
.
goedkoop goeters
baie mooi
en soms amper splinternuut
en oral vang my oog die sagte pienke
en die baba bloue....

Friday, December 25, 2009

John 18:37 (New International Version)

37"You are a king, then!" said Pilate.
Jesus answered, "You are right in saying I am a king. In fact, for this reason I was born, and for this I came into the world, to testify to the truth. Everyone on the side of truth listens to me."

Geseende Kersfees

dankie Jesus
dat U gekom het
sodat ek vryheid kan he
vrede en vergifnis
vir vies wees vir my man
omdat ons Kersfees nie perfek is nie
nie is presies soos wat ek dit wou he nie
dankie Jesus
dat U die geskenk is
en vergewe my vir my tekortkominge

'n Geseende Kersfees

vir jou wat hier lees

vrede bid ek jou toe

.

Wednesday, December 16, 2009

geduld en papierknipsels




My man raak bekommerd
ek knip en knip en knip
daar is iets nuuts
elke dag
wanneer hy by die huis kom
.
'n gogga het my gebyt
.
knipsels uit papier
.
dit is zen
dit is vreugde
dit is vrede
dit is kalmte
dit is rus
.
in hierdie dae
van wag vir Kersfees
.
hierdie fantastiese, groot sneeuvlokkies
of is dit sterre
hang oral in ons klein shack
.
ek het dit ook begin maak
om vir vriende te gee
as geskenke/Kerswense
maar nou sit ek een gedrukte bladsy in
met die woorde
'Jesus is the gift'
groot sneeuvlokkies/sterre
.
geweek in gebed
vir die ontvanger
.
dit is die grootste geskenk
wat ek kan gee
.



soos ek alreeds tevore gese het
dit mag dalk hierdie Kersfees sneeu
.
ater all
.
.
.
.
.
.

'n oulike musiek video
kyk tot die einde
dit is wat die Yank bekommerd maak
.

Friday, December 11, 2009

kyk

in hierdie dae van wag
.
'n kruis
gevorm deur die raam van 'n venster
in die sonkol op my bank
.
'n donker skadu
op 'n gehekelde lap
splinternuut van die tweedehandse winkel
.
met 'n patroon soos
sneeuvlokkies
.
lyk my dit gaan 'n wit Kersfees wees
.
after all
.

Monday, December 7, 2009

hoop


Emily Dickinson het gese:

"Hope is the thing with feathers

That perches in the soul,
And sings the tune--without the words,
And never stops at all,

And sweetest in the gale is heard;
And sore must be the storm
That could abash the little bird
That kept so many warm.

I've heard it in the chillest land,
And on the strangest sea;
Yet, never, in extremity,
It asked a crumb of me. "




Hoop
,

my woord

vir hierdie tyd

van

Advent



Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!

Romeine 15:13




Sunday, December 6, 2009

soekend

hierdie foto
het ek geneem die ander aand
.
'n normale aand
soos enige ander
.
met die kleure van die sakkende son
maar hierdie
een
was tog anders
.

.
met drie wyse manne
.
die voorste een wat wys na die lug
.
'n kameel
en
die strale
van 'n ster
wat die koms
van 'n Koningskind aankondig
.
hulle
.
op reis
na 'n Verlosser
.
net soos ek
.
wat wag
.
.
.