Monday, September 29, 2008

doodles en liefdesbriewe


Meer doodles die afgelope naweek, nog politiek en dink oor die lewe.
Die Yank en ek, het begin om die eposse van ons dating dae te herlees, op die datums wat ons dit vir mekaar gestuur het.
Gelukkig is nie een van ons twee baie lief vir 'n telefoon nie, so ons het 'n stapel uitgedrukte eposse aan mekaar.
'n Kosbare wonder voorwaar, hoe wonderlik om dit nou te lees, nou dat ons getroud is en mekaar deur en deur ken. Ons lag en ons vee selfs 'n traan af nou en dan.
Die sekerheid oor mekaar, wat so gou reeds by ons altwee ontstaan het, dat dit ware liefde is en dat ons absolute sielsgenote is en saam hoort, skemer sommer vroeg deur in ons korrespondensie aan mekaar.
Dit is nooit te laat om liefdesbriewe aan mekaar te skryf nie, veral as twee mense dit nooit gedoen het nie. Soms is dit soveel makliker om iets op papier te sit as wat dit is, om dit in persoon te se.
My man se eposse aan my is 'n kosbare kleinood, sy poetiese woorde en gedagtes 'n lied aan my hart en ek is so bly dat ons dit gehou het.

Ek lees nou en dan uit 'n humoristiese, klein boekie 'Don'ts for wives' deur Blanche Ebbutt wat gedruk is in 1913!
Dit is vol wenke vir getroude vrouens en sommige is natuurlik lagwekkend, veral in die eeu waarin ons leef.
Die een wat nou by my opkom:
Don't din his perfections into the ears of every woman you meet. Be satisfied to enjoy them."
Vandag gaan ek glad nie luister na Ms Ebbutt nie, ek IS getroud met die wonderlikste man in die wereld en ander vrouens moet maar daar oor kom. ( wink, wink )
'n Ander juweel uit die boekie:
Don't vegetate as you grow older if you happen to live in the country. Some women are like cows, but there really is no need to stagnate.
Keep both body and brain on the move."

Ek sal nou en dan hier kom lag oor 'n juweel uit die boekie.
Nou ja, laat ek hierdie liggaam aan die beweeg kry, anders verkoei ek dalk...

Friday, September 26, 2008

wees groen en wees nice


Ek dink net vanoggend oor hoe baie plastiek die mense hier op die eiland gebruik, dit is vreeslik, ek was geskok toe ek hier aankom uit 'groen' Europa en dit moes aanskou vir die eerste keer.
'n Mens sou dink dat mense wat op 'n eiland bly, weet hoe beperk spasie is, maar hulle gebruik tonne plastiek eetgerei en borde en glase ens.
Toe lees ek netnou oor hierdie 'cool' kalant, hy het niks met my onderwerp te doen nie, maar is so oulik:
The punk rock turtle with a bright green mohawk, baie interressant, is ek al een wat dink dat die fotograaf dalk 'n Suid-Afrikaner is?

Nina Simone, ek is so gek oor haar:

lekker naweek almal!

Wednesday, September 24, 2008

vreugde het nie baie nodig nie


Ons loop 'n paar Sondae terug in die supermark en 'n oulike klein patroon van 'n dogtertjie, met boksterte hoog teen haar kop, kom ingehuppel.
Sy het 'n groot appel in haar hand en se met 'n hoe stemmetjie, hard genoeg vir almal in die winkel om te hoor, dat Appelseisoen daardie dag begin het en dus MOET sy 'n appel koop, want Juffrou het so gese by die skool.
Sy het dit nie net een keer gese nie, maar aanhoudend herhaal terwyl sy voortgehuppel het deur die winkel.
Ek en die Yank het vir mekaar gekyk en breed geglimlag, dit was so 'n wonderlike klein juweel in ons dag, hoe belangrik is dit nie om vreugde te vind in die klein dingetjies nie!
Om te leef in die oomblik en elke dag iets te doen wat jou gelukkig maak, selfs al is dit net om 'n appel te koop...

Dankie vir almal se beterskap wense aan die Yank, hy voel elke dag beter.

Tuesday, September 23, 2008

hierdie breekbare lewe


Dit het vir drie dae aanmekaar gereen hier by ons. Nou is daar die fynste, mees delikate sampioene te sien orals.
Ek het hierdie foto's geneem en ook net betyds, want die tuinier het opgedaag en die gras gesny, my hart is seer oor al die kleine blommetjies en ander groeiseltjies wat nou verwoes is, maar wat kan mens doen.
Die plantegroei hier verander in 'n woesteny gedurende die reenseisoen, mens moet dit beheer op een of ander manier.
Ek is verlede week terug geskok na die werklikheid van my elke dag se bestaan, toe die Yank by die huis aankom met bebloede tone en geskeurde weefsels, nadat hy van 'n leer afgetuimel het.
Dit het my laat skrik en my weereens laat besef hoe breekbaar ons is en hoe ons nooit moet vergeet om vir mekaar liefde te betoon en dit vir mekaar te se nie.
Hy voel darem weer beter, maar dit is hartbrekend om my arme man te hoor kreun en steun, van die pyn in sy ribbes, wanneer hy omdraai op die bed in die nag.
Ek lees van oproer oral oor die wereld, mense se pyn en lyding, politieke onrus in SA, ontvoerde toeriste in Egipte en mense wat alles verloor het in 'n orkaan.
Ons leef voorwaar in 'n gebroke wereld, mag ons elkeen 'n hand van hoop uitreik na ander en die wereld 'n beter plek probeer maak as wat ons dit gevind het.











Een van die piepklein vlindertjies wat tussen die grassies en blommetjies gedans het.
Kliek op die foto om hom beter te sien.
En gaan kyk hoe fantasties is
haar foto's.

Friday, September 19, 2008

die dae los op in water

Dit is alweer Vrydag, ek kan dit skaars glo. My ma het altyd gese dat die tyd vinniger gaan, hoe ouer 'n mens word en ek kan nou absoluut met haar saam stem.
Daar is soveel dinge wat ek wou doen die afgelope week en nie by uitgekom het nie. Ek kom nie uit by baie van my geliefkoosde blogs nie, skryf nie die emails wat ek moet nie, reageer nie op al die wonderlike eiertjies wat gele word op my blog nie.
Nou is dit alweer naweek en ons gaan nie by die huis wees nie, nie eens internet he nie, heel moontlik 'n goeie ding.

Die afgelope week was weer 'n passievolle een, aan hierdie kant van die wereld, met die dat die verkiesing nader kom. Ek lees verskriklik baie koerante en blogs en kyk nuus, aan albei kante van die lyn.
Die dinamika van die hele politieke gebroedsel fassineer my verskriklik.
Ongelukkig raak ek te betrokke en probeer ek altyd onregverdigheid uit die weg ruim en as ek dit nie regkry nie, dan het dit 'n invloed op my hele bestaan.
Kyk maar as ek eers begin oor Tibet...
Dit is 'n goeie ding dat die Yank met sy voete vas op die aarde staan en dat hy my emosies kan teen werk!
Hy kom elke keer tot my redding met sy logika.

Iets wat ek geleer het die afgelope week, is dat ek blykbaar 'white trash' is. Volgens 'n liberale vrou in die media, in Kanada, is dit wat Sarah Palin se ondersteuners is.
Wow, ek moet se, die liberale media is regtig baie 'classy'.

Iets wat ek nie kan verstaan nie, is hoe mense so absoluut aaklig kan word wanneer politiek betrokke raak, hoekom word een kandidaat afgebreek en deur die modder gesleep om hulle eie kandidaat op te bou?
Hoekom iemand se naam beswadder en leuens versprei?
Ek het 'n interressante artikel gelees erens, waarin gese is dat rumours en leuens en verdraaings van die waarheid 'n groot invloed speel op wat mense glo.
Daar word ook gese dat, as iemand dan die leuens probeer bewys as onwaar, dat dit verder die mense se geloof in die leuens versterk.
Is dit nie verskriklik nie? So, dit maak nie saak hoeveel keer jy jouself verdedig en die waarheid uitkom nie, baie mense gaan steeds die leuen glo.
Die media hier in Amerika het dit goed geleer kan ek sien.

So, dit is my relaas vir Vrydag. Mooi naweek vir almal!
Geniet die naweek!

Wednesday, September 17, 2008

Afrika, my bloed

"I had a farm in Africa..."


Onlangs in 'n VSA koerant:

'n skreiende skande.

Die volgende artikel van ons plaaslike koerant, hier op die eiland:

Die klomp eilanders wil nou hulle eie grondwet skryf en Suid-Afrika word voor gehou as voorbeeld.
Ek het gewonder, wat ander Suid-Afrikaners daarvan dink. Ek weet wat ek dink, maar ek het drie jaar laas my voete in die stof van Afrika laat rus...

My hart is deesdae in repe geskeur en verdeel tussen 3 kontinente en 'n eiland, 'n stukkie van my hart het agtergebly, waar ek ookal gebly het, om nie eens te praat van al die plekke waar my reise my heen gevat het nie.
Dit maak die lewe 'n pynlike affére!

Die volgende video het my onlangs vér laat dink en my diep aangeraak:

Tuesday, September 16, 2008

Ek smyt my vreugde in jou gesig!

"Hurl your happiness in people's faces!"
Woorde uit die fliek 'Tigre y la Nieve' of dan 'Tiger in the snow' wat ons gekyk het die afgelope naweek.
Wat 'n wonder!
Dit is van dieselfde regisseur, van die ander wonderlike fliek 'Life is beautiful', weer met Roberto Benigni en Nicoletta Braschi, in die hoofrolle.
Tom Waits tree ook op daarin, ek het nog altyd van sy vreemde styl van musiek gehou.

Vandag wil blogger nie lekker vir my werk nie, links maak nie oop nie, foto's wil nie aanheg nie, niks wil werk nie, behalwe Youtube, wat nogal vreemd is!
Ek het soveel wat ek wil pos, maar dit sal maar moet wag.
Ek het baie gedink die afgelope paar weke, oor onregverdigheid in die lewe, mense wat preek oor die haat van sekere mense, maar dan haat hulle self ander groepe mense.
Mense wat oordeel, sonder dat hulle iemand persoonlik ken, mense wat stories versprei, waarvan hulle nie die feite ken nie, of selfs wanneer hulle dink dat hulle die feite ken.
Mense wat dink dat hulle intelektueel is en dan ander mense oordeel omdat hulle net 'gewoon' is, of dink hulle miskien 'kommin' is?
Hoekom is dit so dikwels reeds die mense wat die swaarste kry om aanvaar te word, wat moet veg om te wees waar hulle is, wat eerste klippe gooi, wanneer dit by die foute van iemand anders kom..
Ek sal seker nog baie hieroor wonder en tob en met myself veg, om altyd eers die balk uit my eie oog te haal, voordat ek die splinter uit die oog van 'n ander haal.

Monday, September 15, 2008

..

:)

Friday, September 12, 2008

Wilde perde, voer my weg

Na hierdie week,
voel ek emosioneel sat
en totaal en al
afgemat en gedreineer.

Ek en die Yank
se song op die oomblik
is:
All I want to do
van
Sugarland
Ek is nou nie juis
'n Country en Western
fan nie,
rérig hoor,
maar 'n vriend
het dit vir ons
gestuur,
hy het gesé
dit laat hom aan ons dink.
(ek weet nie of dit goed
of sleg is nie!)
Dit gaan oor 'n
paartjie wat net
in die bed
wil lé,
ek dink dis wat
ons gaan doen,
heel naweek.
Youtube wil nie vandag,
hier by ons oopmaak nie,
ek sal dit
ander dag moet pos.

So hier is iets anders,
iets moois...

Chasing Wild Horses - Clip 1 of 4 from Roberto Dutesco on Vimeo.
Gaan kyk die res op Vimeo, dit is beeldskoon.


die dutescoart webblad
hierdie foto's is nie eens
die tippie van die
ysberg nie...

Geniet die naweek.
Wees lief vir iemand,
of iets
en onthou om te
dink aan
en te bid vir
die mense,
in Texas,
orkaan Ike,
is oppad daarheen,
dit is twaalf ure weg
van hulle,
maar daar is alreeds
vloede...

Kolwyntjies vir die naweek



Kliek hier as jy van kolwyntjies hou.
Gaan loer by haar oulike webblad in
en as jy naby Johannesburg bly,
gaan loer by haar winkel in,
ek wens ek kon!







Thursday, September 11, 2008

geskenkies wat lewe gee

Gister het die Yank vir my
'n geskenkie huis toe
gebring,
na werk,

toe ek hom vra
hoekom,
toe sé hy:
I thought he is cute,
and you like green...

en hy was ook bang dat die
'hermit'krappie
dalk sou seerkry,
daar tussen die werkers
se voete en al
die masjinerie,
ek het my Yank verander
in iemand
wat deesdae
twee keer sal dink
voordat hy selfs
'n spinnekop
sal doodmaak,
net soos hy
my verander het,
om na sekere mense te kyk
met meer medelye...

ons het
vir krappie
vrygelaat in die tuin.

onthou jy


En toe vergeet ek met alles wat
om my gebeur,
dat dit vandag
die 11de is...
Dit neem my terug
na 'n middag
in Oos-Londen.
Ek was op nagdiens
daai tyd, en het
net wakker geword
en die TV
aangeskakel.
Die eerste berigte
van die verskriklike gebeure,
het net begin deurkom
Ek onthou, ek het my sus
in die Kaap gebel en gesé:
Die wereld het mal geword!
Min het ek toe geweet
dat ek nog eendag
hier sal kom bly,
en dat dit my nog nader sal raak.
Maar vandag wil ek ook,
elke mens onthou
wat al ooit gesterf het,
deur die hand van haat aangeraak.
Dit is tyd om te stop...

(nie myne nie, sy swerf rond op die web, sonder naam)

gaan kyk hierna

Saturday, September 6, 2008

'n gekke wéreld



Die afgelope week is ek
totaal geskok en ontnugter,
deur die wreedheid en onregverdigheid
in die wéreld.
Aan die een kant,
met dit wat aan die gebeur is
in die politiek in Amerika
en die behandeling wat mense kry
deur die media hier.
Aan die ander kant,
mense wat dood gaan van die honger,
wat nie klere het om aan te trek nie,
wat dood gemaak word deur hulle eie mense,
oral oor die wéreld.
Ek was nog altyd 'n baie realistiese mens
maar ek is ook baie lojaal,
as jy my vriend is, my land is,
my geliefde is,
dan sal ek vir jou veg, hand en tand.
Ek haat leuens en onregverdigheid, en veg altyd
vir die 'underdog'
dit is seker nie vreemd dat ek nou
voel soos ek voel nie.
Is dit te veel gevra dat ons omgee vir mekaar.
Hoekom probeer mense mekaar verwoes
en verneder.
Vrae waarmee ek worstel
en nie antwoorde voor kry nie.
My grootste vraag is egter,
wanneer het ek 'n Amerikaner geword,
was dit toe ek vir een lief geword het,
of toe ek my voete op haar grond gesit het,
was dit toe my oé
met trane gevul is, toe ek
geluister het na die storie
van 'n POW
of was dit toe ek my bloed
vir die eerste keer voel kook het,
omdat 'n 'buitestaander'
dit durf waag om Amerika te
kritiseer?
'Ons' kan dit doen,
maar julle bly stil oor haar...

Ek is gou weer terug,
met iets moois en iets normaals.

Friday, September 5, 2008

nog cuteness

Piper en Trig Palin


That she could wind up as President, inspires a gulp -- with a Down's syndrome kid in a playpen by the executive desk in the Oval Office. If God were to contrive a pro-life statement, it might look like that.
David Warren, Canadian blogger, talking about Sarah Palin, article here.

Thursday, September 4, 2008

vindsels in pastel


is sy nie opvreetbaar oulik nie?
sy is gemaak van merino wol,
deur Stefa,
kyk by etsy

Twee oulike lugredery advertensies...
Die laaste een
is gemaak deur Shy the Sun
van Suid-Afrika




Kyk by ghostpatrol na die vreeslike mooi tekeninge, veral die, gedoen op potlode:



Die volgende skildery is van Leo Carty, hy beeld elke dag se mense, besig met elke dag se dinge, van vroeér dae se Virgin islands, uit.
Ek het eers nie veel van sy werk gehou nie, maar deesdae hou ek al hoe meer daarvan. Ek wil so graag so 'n beeld vasvang met my kamera, van mense wat uit 'n kerk kom op 'n Sondag. Daar is soveel mooi kerke hier en Sondae sien 'n mens die oulikste dogtertjies met vlegsels en wit sokkies by hulle skoene.
Dit is asof die wéreld hier, stil staan op 'n Sondag, 'n klein skyfie uit vervloé dae.
Hierdie skildery is egter van 'n wasdag...


Een van die ongelooflike mooi kerke met 'Lente' blomme op ons eiland:


Ooooo en as jy hou van mooi kleure, gaan speel 'n bietjie hier.....
dis baie lekker en so mooi

kyk net wat kan jy vind deur daar rond te speel

hierdie prent van hier


Dan ook laaste, maar nie die minste nie, dankie aan Michelle vir die volgende toekenning, ek voel geéerd om dit van jou te ontvang:

Wednesday, September 3, 2008

sout van die aarde ouers




Ek het alreeds tevore genoem dat ek nooit in my wildste drome gedink het dat ek ooit 'n Amerikaner sal word of enigsins een sou WOU word nie.
Die lewe loop egter vreemde paaie met 'n mens en deesdae is ek in die proses van presies dit. Ek was nooit vreeslik erg oor Amerikaners nie, het gedink dat hulle sommer ou grootbekke is, wat altyd dink dat hulle beter is as ander.

Die Yank het vir my begin skryf en ek het gedink, okay, ek sal terug skryf en my mooi gedra en nie praat of baklei, oor Bush en die oorlog in Irak nie, net oor boeke en fliek en wéreldreise praat. Hy het egter gou agter gekom hoe die wind waai, hy sé dat hy op 'n stadium gedink het, mmmm, sy hou nie baie van Amerikaners nie...

Gelukkig het die man uithouvermoé en het hy maar deurgedruk en aangehou skryf! Gou was ek beindruk met sy geloof in God, waardes, talente, siening van die wéreld, humorsin, belesenheid en beresenheid. Sy eposse was vol met van die mooiste woorde wat ek al gehoor het, ek het elkeen gehou en probeer hom steeds aanmoedig om 'n boek te skryf.
Ja, ek was so beindruk dat ek na die ander kant van die wéreld getrek het en dus nou besig is om 'n Amerikaner te word.

Hier sien ek 'n sy van Amerikaners wat ek nooit oor gedink het nie, ek kry te doen met elke dag se mense, die sout van die aarde, nie die liberale Hollywood tipe, die anti-oorlog, pro-aborsie linksgesindes nie, maar elke dag se mense wat die pot aan die kook probeer hou en klere aan hulle kinders se lywe wil sien.
Ek het hier geleer hoe na aan die Afrikaner kultuur hulle is, en nou praat ek ook nie van die vreeslike konserwatiewe regsgesindes wat dikwels neig na rasisme nie. Ek praat van eevoudige, goeie mense, wat vir elkeen'n plekkie in die son gun, natuurlik weet ek niemand is volmaak nie, maar 'n mens moet érens begin.

So, waar gaan ek heen met die relaas, 'n ander ding wat ek nooit wou doen nie, is om politiek te praat op my blog...
Ek, soos die hele wéreld het die storie oor Sarah Palin, die nuwe visie president kandidaat van McCain met gretige oé gevolg die afgelope week. Wat ek sien is 'n plat op die aarde vrou, 'n ma, 'n Christen, iemand met hoé waardes en iemand om te respekteer. 'n Vrou wat nie haar abnormale swangerskap beeindig het nie en wat haar swanger, ongetroude, tienderjarige dogter ondersteun. Iemand wat kan veg vir Jan Alleman.

Toe, met my lees op die net oor haar, kom ek op hierdie artikel af, dit handel oor haar ouers en ek het dit so geniet, dat ek dit moes deel. Hulle laat my so baie dink aan my eie ouers en ook aan my skoonouers.
Plat op die aarde mense, sonder pretensie, wat hulle kinders groot gemaak het na, aan die natuur en met goeie waardes.
Natuurlik sal enigiemand iets kry in die artikel waarvan hulle nie hou nie, ekself ondersteun nie die feit dat haar pa 'n jagter is nie, want ek is 'n vegetarier, maar dit maak nie van hom 'n slegte mens nie.
Ek moes lag oor die bumper sticker wat hy glo tevore op sy ou trok gehad het:

VEGETERIANISM:
Indian, for a bad hunter...


Sien, toe praat ek toe tog politiek en die Yank lag vir my, want ek is meer begeester en obsessief met Amerikaanse politiek as wat hy is.

Foto's en artikel oor Sarah Palin se ouers, hier.

Tuesday, September 2, 2008

koningin van die nag en Mucha


Hierdie is 'n foto van my Mucha kalender en ook van my klein juweledosie, wat ek in Praag gekoop het.
Ek is so spyt dat ek omgedraai en weg geloop het, die dag toe ek in Praag, voor die deur van die Mucha museum gehuiwer het...
Ek is so lief vir sy werk en het besluit om van nou af elke maand se prent in my kalender hier te blog.
September se kunswerk, genaamd Brightness of day, laat my so dink aan my wonderlike ondervinding 'n paar nagte gelede...

Ek het die wonderlikste plant ontdek 'n paar maande gelede en verhale gehoor van haar bordgrootte blomme met 'n bedwelmende geur, wat slegs verskyn vir een nag op 'n keer.
Wanneer sy nie blom nie, lyk sy na niks en 'n mens kan haar maklik miskyk en dag na dag daar verby loop, as jy nie weet van die wonderwerk wat wag nie...
Ek kon nie wag om haar te sien in volle glorie en met haar balrok aan nie!
Vir weke het ek angstig gewag totdat ek een oggend die reuse, groen knoppe gesien het aan haar kaktus agtige stam....



Ek was bitter teleurgesteld toe ek my misgis het met hoe lank die knoppe sou vat om oop te gaan en dit gemis het die eerste nag, maar toe sien ek dat daar nog baie toe knoppe is en het my voor geneem om haar te betrap, by die bal, daardie nag, met haar mooiste balrok aan!
Selfs 'n hengse hoofpyn kon my nie afsit daardie nag nie.
Die Yank, ek en 'n paar vriende het die pad gevat teen die heuwel op en daar was sy, op haar mooiste, 'n maagd in volle blom, by haar eerste middernag bal!

Sy is my, Koningin van die nag of Nightblooming Cereus of dan Selenicereus grandiflorus en sy was beeldskoon!





Ek moes myself wegskeur van haar af, ek het so baie foto's geneem, natuurlik met die Yank wat die flitslig op haar of agter haar hou.
Die volgende dag kon ek nie wag om haar weer te sien nie.
Ek het geweet dat sy, soos Aspoestertjie, haar balrok net vir 'n nag dra en dat dit verwelk, wanneer die son opkom...
My hoop was egter vir nog foto's en die hoop het nie beskaam nie.









Haar blomme is alreeds baie kleiner op die boonste foto's as wat hulle was die nag tevore, maar mens kry steeds 'n idee van hoe manjifiek hulle werklik is.



Weereens kon ek myself nie stop nie en het tonne foto's geneem.
Van waterdruppels op haar sagte groen vlees en die sagste geel van haar diepste binnenste, waarin mens voel of jy kan wegsink soos in sagte, geel botter...







Sy was verruklik mooi...





en sy was net absoluut onweerstaanbaar volmaak, bekoorlik, asembenewend en wat 'n voorreg om haar in lewende lywe te sien, op haar mooiste nag.

Ek sluit af met 'n oulike reseppie vanuit die Suide van Amerika.
Dis maklik, maar nie gou nie, dit is egter HEERLIK.
Dit is blykbaar wat die meisies in New Orleans aanmekaar geslaan het, voordat hulle na 'n dans toe is. Hulle het dit dan geéet met die terugkom, wanneer dit 'gaar' was.

Die reseppie maak 20 Pralines...

Na die dans Pralines

Bestandele:
1 koppie ferm gepakte ligte bruin suiker
1 eier wit, geklits
1 en 1/2 koppies gekapte pekan neute, lig gerooster

Verhit die oond tot 400'F ( werk maar self die 'C uit, my rekenaartjie sé 204,4'C )
Meng die bruin suiker en geklitste eier wit en vou die pekan neute in.
Skep opgehoopte eetlepelsvol van die mengsel op 'n bakplaat, wat met foelie bedek is.
Skakel die oond af,
Plaas die bakplaat in die oond,
Laat staan die pralines in die oond vir 8 ure.
Geniet...

Monday, September 1, 2008

New Orleans/niks nuuts onder die son nie





Grafitti deur Banksy gedoen in New Orleans.
Ek is gek oor sy werk en het 'n boek gehad oor dit, maar het dit in Engeland gelos, toe ek holderstebolder hierheen getrek het, hoe sé hulle, spyt kom altyd te laat.
Kliek op die foto's om detail te sien en te lees wat Banksy sé...
Ek kyk hierna, terwyl die mense van New Orleans weereens geteister word deur 'n orkaan, genaamd Gustav, wat darem intussen terug verander het na 'n Tropiese storm.

Interressant genoeg, word daar reeds name gekies vir die verskillende orkane, lank voordat dit plaas vind. My naam kom ook voor op die lys, die Yank se antwoord, toe ek vra hoe hulle besluit op die name? Hulle kies glo die name van mense wat 'n pyn in die g*t was daardie jaar...
Hy is eintlik wonderlik, glo my, lees sy woorde wat lewe gee.

Lees by Tropical twister, hoe hulle werklik die name kies. 'n Lys name word geroteer oor 6 jaar en word dus oor en oor gebruik, behalwe wanneer 'n orkaan verskriklik verwoestend was, dan word die naam van die lys afgehaal en nooit weer gebruik nie.
Natuurlik het mense weer rede gekry om te kla ook, gaan lees in die Daily redundancy, van die siviele regte groep wat geprotesteer het omdat 'African American' name nie voorkom in die lys nie...
Wil jy nou meer, wie wil nou 'n orkaan na hom vernoem hé?
My vriende hier dink dit is baie snaaks dat ek 'n regte egte 'African American' gaan wees, wanneer ek uiteindelik burgerskap kry.
Iets wat ek nooit wou doen nie, was om 'n Amerikaanse burger te word, vreemd hoe die lewe snaakse paadjies met ons vat...

winter in my hart



Ek was nog altyd meer van 'n Winter, Herfs, Lente mens as 'n Somer mens en nou bly ek waar dit nimmereindigende Somer is. Ek word vertel dat ek teen volgende 'Winter', wanneer ek aangepas is, langmou klere en jeans sal dra, maar dit is moeilik vir my om te glo.
So, dit is Lente in die Suidelike halfrond en ek weet hoe wonderlik dit is, dit voel asof alles begin ontwaak, daar is iets in die lug en selfs die diere lyk meer op en wakker.
Dit is so wonderlik wanneer 'n wéreld wat gelyk het asof dit dood is, ontwaak en klein blaartjies en botsels verskyn.
Hier het ons egter steeds 'n baie drukkende, klam hitte, en oral die malse kleure van 'n tropiese wéreld, wat natuurlik baie mooi is en die eiland het nou uitgebars in malse groen nadat ons goeie reén begin kry het.
Dit alles bring natuurlik ook die vrees van orkane, die volgende sateliet foto is van vandag, kyk hoe lé die stormweer soos ingerygde pérels oor die Atlantiese oseaan...



Die foto is van hier, die webwerf wat deel is van ons elke dag se bestaan gedurende die orkaan seisoen, wat eers teen einde November verby is.

Ons is 'n klein, klein spikkeltjie Wes van die geel sirkel, gemerk 3. Daar is natuurlik genade in daardie prentjie, want dit wys dat die twee rooi swirly figure by ons verby is, sonder om ons te affekteer, dit is natuurlik Orkaan Gustav en Tropiese storm Hanna...
Snaak hoe die wéreld van orkane vir jare by my verby gegaan het en net nuusberigte was van ander mense vér weg in die wéreld se ondervinding en lyding.
Ek kon bid vir die mense en myself selfs in hulle skoene probeer plaas, maar nou voel ek dit aan my eie lyf en dit maak 'n wéreld se verskil.
Nuusberigte van New Orleans, waar Orkaan Gustav hulle nou weereens bereik het, plaas 'n beklemming om my hart 'n mens kan net vir hulle hoop en bid.

Hieronder is van my foto's van die blommeprag wat ek teé kom langs die pad, wanneer ek in die oggend gaan stap, let wel, meeste van hierdie blomme is net die natuurlike plantegroei, die foto's is nie in iemand se tuin geneem nie, maar net langs die pad.
Van hierdie, is piepklein, fyn blommetjies, ander is piepklein blommetjies binne in groter blomme, 'n wonderwéreld...



So, ek wens vir elkeen daar in vérre Suid-Afrika 'n wonderlike Lentedag en mag julle uit julle kokkone kruip en ontwaak en 'n wonderwéreld ontdek hierdie seisoen en onthou...